Shiceka ‘het gelieg en bedrieg’

2011-10-15 00:00

Kaapstad

Mnr. Sicelo Shiceka se onmiddellike bedanking is gister geëis omdat hy volgens die openbare beskermer (OB) meer as ’n miljoen rand se belastinggeld vir sy uitspattige leefstyl verkwis en boonop vir die president gelieg en bedrog gepleeg het.

Die OB, adv. Thuli Madonsela, het gister haar verslag bekend gemaak oor haar ondersoek na die minister van samewerkende regering se optrede.

Sy het terselfdertyd haar politieke teenstanders skietgoed gegee deur die media hieroor toe te spreek eerder as om, soos sy verplig is, aan die parlement oor haar werk verslag te doen. LP’s van verskeie partye het haar optrede skerp gekritiseer. (Lees berig op bl.2.)

Sy het nie opgedaag vir ’n parlementêre vergadering wat vooraf met haar kantoor bevestig is nie, maar het ’n nuuskonferensie gehou waar sy haar verslag oor Shiceka, minister van samewerkende regering, aan die media bekend gestel het

Madonsela het bevind Shiceka het in vyf gevalle die etiese gedragskode vir lede van die uitvoerende gesag en die Grondwet oortree.

Hy het ook die Wet op die Openbare Beskermer oortree deur die OB opsetlik te “mislei” deur te ontken hy het sy vriendin in ’n Switserse tronk besoek – terwyl die vrou en die Anstalten Hindelbank-tronk die besoeke aan die OB bevestig het.

Cosatu en opposisiepartye het geëis Shiceka moet onmiddellik bedank. Voorts het prof. Ben Turok, ANC-LP en medevoorsitter van die parlementêre staande komitee oor etiek, gesê Madonsela se bevindings is “so ernstig dat dit sy bedanking regverdig”.

Mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, het gesê die regerende party is “diep bekommerd” oor die bevindings.

Shiceka het die bevindings “kategories verwerp” en aangevoer hy gaan dit in die howe beveg.

Madonsela het onder meer bevind:

)Shiceka het in Desember 2008 bykans R550000 op die Switserse besoek verkwis. Hy het adj.pres. Kgalema Motlanthe “opsetlik mislei” dat dié besoek ter voorbereiding van die Wêreldbeker-sokkertoernooi is;

)Shiceka het sedert 2009 tot R521000 verkwis op verblyf vir hom en sy personeel in die One & Only-hotel. Selfs nadat hy ’n ampswoning gekry het, het hy sewe nagte daar oornag;

)Shiceka het in Maart vanjaar onder ’n vals naam by die Lesotho Sun in Maseru ingeboek. Hy, sy ma en ’n lyfwag het vier nagte daar oorgebly en hy het agterna geëis die departement moet die rekening van R25300 betaal. Die departement het geweier; en

)Shiceka het voorts tydens sy siekteverlof nog vyf binnelandse vlugte teen R20500 onderneem.

Mnr. Mac Maharaj, presidensiële woordvoerder, het gesê pres. Jacob Zuma verwelkom Madonsela se verslag, “want dit lewer ’n bydrae in die stryd teen korrupsie”.

- Die Burger

NEEM KENNIS: Ons kommentaarstelsel bied nie meer ondersteuning vir Twitter-, Google- of 24.com-profiele nie. As jy nog nie jou profiel na ons Facebook-stelsel oorgedra het nie, kliek hier om dit nou te doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne die burger

Weather
Lottery
Cpt: 14-19°C Sunny. Mild. Pta: 15-30°C Sunny. Pleasantly warm.
Jhb: 12-27°C Sunny. Pleasantly warm. Bloem: 11-26°C Morning clouds. Mild.
Dbn: 17-24°C Showers late. Afternoon clouds. Mild. PE: 15-19°C Morning clouds. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra 1.4T Enjoy Plus 5-dr MY10
2011
R 247,900.00

BMW

X3 3.0d E83 4x4 Dsl AT
2006
R 239,000.00

HONDA

Accord 2.0 MY09 AT
2010
R 234,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Book Now!

Spend two nights revelling in the convenience and luxury of the Gateway Hotel in Umhlanga from R2433 per person sharing. Includes flights, car rental and accommodation. The Gateway Hotel

Gratis Speletjies - TE VEEL NUUS? Neem ‘n blaaskans

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Nuwe boekvrystellings

100de nuwe boeke vir die somer nou beskikbaar. Koop dit nou.

Battlefield 3 kan vooraf bestel word

Beskikbaar in alle formate. Word op 28 Oktober vrygestel. Vanaf R324.95. Plaas nou jou voorafbestelling.

The Lion King kan vooraf bestel word

The Lion King is weer op 21 Oktober beskikbaar. Vanaf R89.95. Plaas nou jou voorafbestelling.

Nuut! Geskenke by kalahari.com

Verruklike geskenkpakke, pragtige blomme en wonderlike geskenkidees vir alle geleenthede. Doen nou inkopies.

Samsung Series 9-notaboekrekenaar

Bestel hierdie sjiek en slank notaboekrekenaar gemaak van Duralumin vir R13 999. Weeg minder as 1.5kg. Koop dit nou.

The Lion King

Nou op voorafbestelling

The Lion King is weer beskikbaar op 21 Oktober 2011. Nou vanaf R89,95. Plaas jou voorafbestelling nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.