Pretoria of Tshwane? Minister weet self nie

2012-01-27 21:40

Mnr. Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het toegegee hy weet nie wat die hoofstad se naam is nie.

Hy het ook verras deur gister te sê daar is geen aansoek op sy tafel wat hom versoek om Pretoria se naam na Tshwane te verander nie.

Dit is in skrille kontras met mnr. Kgosientso Ramokgopa, Tshwane se uitvoerende burgemeester, wat in November verlede jaar gesê het dié metro is in gesprek met Mashatile oor die finalisering van Tshwane se hoofstad­status.

Mashatile, ook leier van die ANC in Gauteng, het gister aan Beeld gesê daar is verwarring oor Pretoria se status as hoofstad.

“Daar is twee weergawes. Tshwane sê dié naam is lank reeds die hoofstad se naam en wil hê die woonbuurt Pretoria se naam moet verdwyn.

“AfriForum-hulle sê weer Pretoria is steeds die hoofstad se naam. Die groepe moet met mekaar in gesprek tree.”

Hy het gesê die vraag is of ’n woonbuurt (Pretoria) as ’n hoofstad gereken kan word.

Tshwane het in die era van dr. Gwen Ramokgopa, sy vorige burgemeester, voet by stuk gehou Pretoria se naam is sedert 2000 – toe Tshwane as ’n metromunisipaliteit tot stand gekom het – net in die middestad tussen DF Malanrylaan en Du Toitstraat geregistreer.

Haar opvolger, Kgosientso Ramokgopa, het aangedui Pretoria is steeds die stad se naam en daarom die aansoek om dit te verander.

Dit beteken die stad en munisipaliteit sal as Tshwane bekendstaan.

Mashatile het gesê hy het nog geen so ’n aansoek ontvang nie.

Die Tshwane-raad het intussen sy beleid vir die benaming van openbare plek- en straatname eergister op ’n vergadering gewysig.

Opposisiepartye meen die ANC sal met die nuwe beleid makliker straatname kan verander.

Die DA sê hy is bekommerd oor belangrike klousules wat in die slag gebly het.

Een van dié klousules behels dat meer as 51% van inwoners of sakelui in ’n straat ’n voorgestelde naam moet goedkeur.

Dr. Conrad Beyers van die VF+ sê die gewysigde beleid gaan dit beslis makliker maak om straatname eensydig te verander.

“Dit kan ’n resep vir konflik wees. Ons glo aan ’n gee-en-neem-benadering en besef daar is name in die stad wat nie volhoubaar is nie.” 


Binne Beeld

Weather
Lottery
Cpt: 18-27°C Sunny. Mild. Pta: 17-31°C More sun than clouds. Pleasantly warm.
Jhb: 15-28°C More sun than clouds. Pleasantly warm. Bloem: 18-33°C More sun than clouds. Warm.
Dbn: 21-29°C More sun than clouds. Warm. PE: 19-25°C Showers late. More clouds than sun. Mild.
7 day forecasts...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa Lite 1.4i 3-dr MY00
2002
R 64,900.00

BMW

320i E90
2007
R 234,800.00

FORD

Fiesta 1.6i Ambiente 5-dr
2005
R 94,600.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Maputo Magic

Spend 3 nights at the magical Polana Serena Hotel in Maputo from R6 663 pp sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVDs vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games!

'n Plaaslike gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, fotos en videos op laai en vele meer...
Please Upgrade
Your Version of Flash
Get Adobe Flash player
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.