Sargent klop Duiwels man-alleen

Christo Buchner

OOS-LONDEN. Die Grens se rugbyspan het sy eeufeesjaar gister hier
in die Basil Kenyon-stadion op 'n groot hoogtepunt afgesluit deur
Oos-Transvaal met 1910 te klop in die beslissende
promosie/relegasie-stryd om sodoende deur te dring na Afdeling A van
die Sentrale unies.
Langs die monument wat vir die Duitse Setlaars hier opgerig is,
kan daar 'n spesiale plekkie vir die Grens se losskakel, Seamus
Sargent, ingerig word.
Hy het die Ooste op sy eie gekelder deur al negentien punte aan
te teken. Sargent was inderdaad die generaal. In die eerste helfte,
met die Grens wat saam met 'n stormsterke wind gespeel het, het hy
drie strafdoele en twee skepdoele behaal, en in die tweede helfte
het hy die wind behoorlik uit die Ooste se seile geneem met 'n
skitterende drie nadat.
Sargent het verlede Vrydagaand in die Grens se sege met 2524
oor die Ooste nie minder nie as 21 van sy span se punte aangeteken,
en het in albei wedstryde 40 van die 44 punte van sy span aangeteken.
Oos-Transvaal het, nadat hy met rustyd met 415 agter was,
verbete teruggeveg en nooit gaan lê nie, maar die prys betaal deur
sonder 'n betroubare stelskopper te speel. Die Rooi Duiwels het twee
drieë teen een gedruk, maar sewentien punte met skoppe verlore laat
gaan, wat beslis sou meegebring het dat hulle aanstaande seisoen
weer in Afdeling A gespeel het.
Met tien minute se speeltyd oor en die eindtelling op die
telbord, het die Ooste se senter Marius Jansen, nadat Ertjies
Durrheim skitterend gebreek het, die bal met 'n oop doellyn voor hom
aangeslaan. 'n Drie in daardie stadium kon die hele gang van die
wedstryd verader het, maar uiteindelik was dit nie vir die Ooste
bestem om die sege te bahaal nie.
Die Grens verdien egter alle lof vir sy tieragtige verdediging
onder moeilike omstandighede. In die laaste kwartier het die Rooi
Duiwels die vuur behoorlik gestook, maar kon net nie deur die
verdediging dring nie.
Die verskil tussen die twee spanne was uiteindelik dat die
Grens sy kanse saam met die wind behoorlik benut het, terwyl die
Ooste syne nie na behore aangewend het nie.
Vir die Grens het Sargent 'n drie gedruk, drie strafdoele
behaal en met skepdoele geslaag.
Oos-Transvaal se drieë is deur die senters, Marius Jansen en
Peet Smit, gedruk. Gary Oberholzer het 'n doelskop behaal.


KATEGORIE: rugby