Sport

Nuwe bepalings vir rugby bekend

Quintus van Rooyen

PRETORIA. Noord-Transvaal, die houer van Bankfin se Curriebeker, se eerste teenstander in vanjaar se kompetisie sal Natal op 11 April op Loftus Versfeld wees, terwyl die Westelike Provinsie op dieselfde dag gasheer speel vir Transvaal. Dít blyk uit die bepalingslys wat deur die SA Rugbyvoetbalunie (Sarvu) bekend gemaak is. Of die bepalings so sal bly, is nog onseker. Dit sal afhang van wat in die naweek gebeur op die vergadering tussen die rugbybase van Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Argentinië in Sydney. Indien die beoogde toetsreekse tussen Suid- Afrika en die Wallabies en die All Blacks nie vanjaar kan plaasvind nie, is dit moontlik dat die bepalings aangepas sal moet word en dat die Lionbeker-kompetisie tog gespeel sal word, volgens mnr. Hennie Erasmus, die voorsitter van die kompetisie-komitee. Hoewel die raadskompetisies op 4 April begin, sal daardie dag net wedstryde in die oorkruisliga beslis word en sal die eerste Curriebeker-wedstryd op 11 April wees. Dit sal die enigste reeks Curriebeker-wedstryde in April wees. Op 25 April is dit toetsuniedag in Pretoria. Die Springbok-proewe is vir 9 Mei bepaal en sal waarskynlik op Loftus Versfeld wees. Dit is moontlik dat die keurders 'n driedaagse proefreeks sal aanbeveel. Die eerste keer in meer as twee dekades sal die spanne van die WP-Liga en die SA Rugbyvereniging nie vanjaar weer in aksie gesien word in die verskillende kompetisies nie. Met die verdwyning van die WP-Liga, was daar 'n vakature in Sentraal A. Oos-Transvaal, wat aan die einde van verlede seisoen in 'n reeks wedstryde om promosie en relegasie deur die Grens verslaan is, het sy plek in Sentraal A behou. Die indeling van die unies in die nuwe SA rugby-opset is: CURRIEBEKER: Noord-Transvaal (NT), Vrystaat (OVS), Natal (N), Transvaal (T), Oostelike Provinsie (OP), Westelike Provinsie (WP). SENTRAAL A: Wes-Transvaal (WT), Noord-Vrystaat (NOVS), Oos-Transvaal (OT), Grens (G). SENTRAAL B: Vaaldriehoek (Vaal), Boland (Bol), Griekwas (GWS), Verre Noord (VN), Suidoos-Transvaal (SOT). PLATTELAND A: Oos-Vrystaat (OOVS), Stellaland (Stel), Noordoos-Kaapland (NOK), Noord-Natal (NN). PLATTELAND B: Suidwestelike Distrikte (SWD), Laeveld (Lae) en Noordwes-Kaapland (NWK). Die jongste provinsiale rugbyprogram is (tuisspanne word eerste genoem): CB: Curriebeker; O: Oorkruiskompetisie; SA: Sentraal A; SB: Sentraal B; PA: Platteland A; PB: Platteland B): 4 APRIL: O NT t Grens, NOVS t N, OT t OP, WP t WT; SB Bol t Vaal, VN t SOT; PA Stel t OOVS, NN t NOK; PB SWD t Lae. 11 APRIL: CB NT t N, WP t T; O WT t OVS, OP t NOVS, OOVS t Bol, SOT t Stel; SA Grens t OT; SB Vaal t GW; PB NWK t SWD. 25 APRIL: Toetsuniedag: Pretoria; Nie-stedelike proewe: Welkom. 2 MEI: CB T t NT, N t OVS, OP t WP; SA WT t Grens, OT t NOVS; SB VN t Vaal, GW t Bol; PA OOVS t NN, NOK t Stel; PB SWD t NWK. 9 MEI: Springbok-proewe. 16 MEI: CB OVS t NT, N t WP, T t OP; SA NOVS t WT; O Bol t NN, Stel t GW, NOK t SOT; PB SWD t Lae. 23 MEI: CB NT t OP, OVS t T; O N t OT, Grens t WP; SB Vaal t SOT, Bol t VN; O GW t NOK, Lae t NN. 30 MEI: CB WP t NT, OP t OVS, T t N; SA OT t WT, Grens t NOVS; SB SOT t Bol, VN t GW; PA NOK t OOVS, NN t Stel; PB NWK t SWD. 6 JUNIE: CB OVS t WP, N t OP; O T t NOVS, WT t NT, OOVS t Vaal, VN t Stel, NWK t NN; SB GW t SOT. 13 JUNIE: CB NT t OVS, WP t N, OP t T; SA WT t NOVS, OT t Grens; SB Vaal t Bol, SOT t VN; O OOVS t SWD, Stel t Lae, NOK t NWK. 20 JUNIE: CB N t NT, T t WP; O OVS t OT, Grens t OP, Bol t NOK, NN t SOT; SB GW t Vaal; PB NWK t Lae. 27 JUNIE: CB NT t T, OVS t N, WP t OP; SA Grens t WT, NOVS t WT; SB Vaal t VN, Bol t GW; O Lae t OOVS, Stel t NWK, SWD t NOK. 4 JULIE: CB OP t NT, T t OVS; O WT t N, WP t NOVS, Vaal t NN, VN t OOVS; PB Lae t SWD. 11 JULIE: CB NT t WP, OVS t OP, N t T; SA WT t OT, NOVS t Grens; SB SOT t Vaal, VN t Bol; O OOVS t GW, NN t SWD. 18 JULIE: O OVS t Grens; Nasionale weke. 25 JULIE: O NT t OT, NOVS t OVS, N t Grens, OP t WT, Vaal t NOK, Stel t Bol, GW t NN, SOT t OOVS; PB NWK t Lae. 1 AUGUSTUS: O Grens t T, OT t WP, OOVS t NWK, SWD t SDtel, Lae t NWK; SB Bol t SOT, GW t VN. 8 AUGUSTUS: Intervarsities; O Stel t Vaal, NOK t VN; SB SOT t GW. 15 AUGUSTUS: O T t WT, NN t VN; PB Lae t NWK. 29 AUGUSTUS: CB WP t OVS, OP t N; O NOVS t NT, OT t T; Eindstryd: Platteland A teen B. 5 SEPTEMBER uitspeelwedstryde; eindstryde: Sentrale kompetisie. 12 SEPTEMBER Curriebeker-eindstryd.

rugby