Afrikaners moet opstaan vir selfbeskikking

2014-02-22 22:56

Sowel die DA as die VF+ is op soek na hul beginsels, skryf Dan Roodt.

Die afgelope week by ’n inligtingsessie van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Kempton Park loop ek een van die leiers van die Daggaparty raak.

Nee, dis nou nie die kortstondige DA-Agang-party nie, maar die regte Daggaparty van Suid-Afrika wat hom vir die wettiging van dié dwelm beywer, asook ’n soort “volhoubare dagga-ekonomie” waar ons selfs in huise sal bly wat van byprodukte van die daggaplant gemaak word!

Die Daggaparty kan dalk ’n metafoor wees vir die verwarde en verdwaalde toestand waarin die opposisiepartye in Suid-Afrika hulle bevind. Aan die vooraand van waarskynlik die belangrikste verkiesing sedert 1994 lyk dit asof sowel die DA as die VF+ by die stasie se verlore goedere moet aanklop om hul beginsels terug te vind.
In Suid-Afrika se geesdriftige omhelsing van multikulturalisme en linkse denke, het regs eenvoudig weggekwyn. Om vandag in Suid-Afrika behoudend te wees, is amper om sosiale selfmoord te pleeg.

Begrippe soos private eiendom, die markekonomie, ’n werk­etiek, die gesin, identiteit en morele waardes word met hoongelag begroet. Leiers van Julius Malema se EFF verskyn selfs in die openbaar in oranje tronkuniforms omdat hulle die misdadigers as hul natuurlike bondgenote in ’n anti-wit stryd sien. Op Twitter praat hulle vrylik van revolusie en geweld.

Die DA onder Tony Leon het self sterk regse elemente bevat, waarteen die huidige parlementêre leier van die party, Lindiwe Mazibuko, haar skerp uitgelaat het deur die party se groei met Afrikanersteun ná 1999 as “korttermyn… en nadelig op lang termyn” te beskryf. Sy het ook gesê dat “wit nasionaliste” die DA liefs behoort te verlaat.

Anders as wat Pieter Mulder verlede naweek in Rapport beweer het, is die VF+ kwalik die “natuurlike tuiste van Afrikaners”. Eintlik is die party maar ’n splintergroep van die ou KP wat onder Constand Viljoen ’n oomblik van glorie in 1994 beleef het, maar sedertdien nie daarin kon slaag om kiesers gaande te maak nie.

Die leier van die pas gestigte Front Nasionaal in Suid-Afrika, Hannes Engelbrecht, vergelyk Pieter Mulder se deelname aan die ANC-regering as adjunkminister met F.W. de Klerk se Regering van Nasionale Eenheid kort ná 1994. Hy sê: “As ’n party teruggryp na ou uitgediende Nasionale Party-argumente wat ’n klaaglike mislukking was, is jy polities bankrot.”

As beroepspolitikus lyk dit asof dr. Pieter Mulder nie meer weet watter liedjie om voor watter gehoor te sing nie. Die liberale rubriekskrywer R.W. Johnson laat hom die afgelope week só uit oor die DA se omhelsing van ’n pro-Palestynse beleid in die Midde-Ooste: “Dít is die werklike ramp, dat die DA só deur die ANC gebreinspoel is dat hy nie net die pad byster geraak het nie, maar ook nie meer aan Suid-Afrikaners ’n werklike keuse bied nie.”

Maar ook die VF+ is nie immuun teen al die linkse sjarme nie en word self in die Praathuis gesosialiseer om ANC-idees klakkeloos na te praat.

Daarom verwerp Pieter Mulder implisiet die party se selfbeskikkingstrewe as hy skryf dat die VF+ hom “herposisioneer” het en voortaan die ANC-ideale van “ware eenheid in verskeidenheid; rondom ’n ware ‘better life for all’?” omhels. Is dit Zuma jr. wat hier praat?

Helen Suzman het jare lank vrou-alleen ’n ongewilde Houghton-liberalisme in die ou parlement met skrille sarkasme verdedig en oplaas gesien hoe die bolwerk van die eens magtige NP in duie stort. Vandag smag Suid-Afrika na konserwatiewe politici met beginsels wat eiendomsreg, private besit, gelyke regte vir Afrikaners en wit mense, asook ons reg op eie instellings soos skole en universiteite sal voorstaan. Noem dit “kulturele selfbeskikking”.

’n Tsoenami van Britse Marx­iste het Suid-Afrika getref en groot dele van ons universiteite beset. Van die mees radikale denkers in ons land is Britse vroue soos Ruth Hall van die instituut vir armoede-, grond- en landelike studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland (Plaas) en Carin Runciman van die Universiteit van Johannesburg. Hulle is niks minder nie as staatsbesoldigde aktiviste wat onverdunde kommunisme propageer. Hulle skryf die beleid vir Malema se EFF en die linkervleuel van die ANC, waaronder die departement van grondsake.

Afgesien van ’n paar geluide uit Orania, beskik die VF+ oor geen intellektuele om hierdie ideologiese aanslag op die Afrikaner en eintlik die hele Suid-Afrikaanse ekonomie te troef nie. Die party produseer niks behalwe anekdotes oor die goeie ou dae en futlose mediaverklarings nie.

Ons het niks meer om te verloor nie. Is dit nie tyd dat ons opstaan om ons idees en ons onvervreembare reg op ’n plek in die Suid-Afrikaanse son onverskrokke en ondubbelsinnig teenoor die hele wêreld te verdedig nie?

Dr. Dan Roodt is onderleier en woordvoerder van ’n nuwe regse party, Front Nasionaal.

* Lees ook Afrikaner, wie is jou bondgenoot? deur Peter Marais.

Lees Rapport se kommentaar beleid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
39 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne rapport

Weer
Ksd: 17-24°C Sunny. Mild. Pta: 14-24°C Morning clouds. Mild.
Jhb: 11-19°C Breaks of sun late. Mild. Bfn: 14-22°C Tstorms late. More sun than clouds. Mild.
Dbn: 17-27°C Morning clouds. Warm. PE: 14-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Mauritius holidays

Check out these great Mauritius holiday specials from R12 875 per person sharing. Includes accommodation, return flights and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Tot 40% afslag op buitelewe- en kamptoerusting!

Is jy gek oor die buitelewe? Bespaar tot 40% op buitelewe- en kamptoerusting, wat insluit tente, braaitoestelle, stoele en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

25% op nuwe en topverkoperflieks

Kies uit gewildste titels soos Despicable Me 2, Gravity, Frozen, The Hunger Games: Catching Fire en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Winskopie van die week!

Bespaar R150 op uitgesoekte speelgoed vir alle ouderdomme, nou R99 elk. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

’n Meevallertjie vir boekwurms!

Spandeer meer as R350 in ons boekwinkel en staan ’n kans om 1 van 2 geskenkpakke ter waarde van R5000 elk te wen. Bepalings en voorwaardes geld. Koop nou!

Die medisyne-tassie

Koop 3 en kry die goedkoopste 1 GRATIS. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 25% afslag op troeteldierprodukte

Troeteldierbeddens, bakke van vlekvrye staal, hondehalsbande en nog baie meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!