Matie sê nee vir Stormers


Sy studies kom vanjaar voor die Stormers.
Só sê die Maties se kaptein, Callie Visagie, toe hy gister gepols is oor sy beskikbaarheid om die Kaapse streekrugbyspan uit ’n haker-verknorsing te red.
Tiaan Liebenberg het knieligamente in verlede naweek se oefenwedstryd teen die Boland-Kavaliers beseer en die Stormers meen sy herstel sal nege weke lank duur.
Dit beteken Deon Fourie en verlede jaar se o.19-ster van die WP, Siyabonga Ntubeni, is die enigste fikse hakers in die Stormers-groep.
Daar is in die rigting van Visagie geskimp, maar daar sal nou met die hakers in die Stormers-groep volhard word.
Visagie wil vanjaar sy B.Rek-honneursgraad voltooi en is nie by die WP gekontrakteer nie. “Ek het verlede jaar al besluit om vir eers provinsiale rugby te los en my op my studies toe te spits. My studies is vanjaar ’n prioriteit.”
) Die Stormers se groep van 35 is:
Gio Aplon, Andries Bekker, Wicus Blaauw, Schalk Burger, Lionel Cronjé, Juan de Jongh, Jean de Villiers, Dewaldt Duvenage, Rynhardt Elstadt, Adriaan Fondse, Deon Fourie, Jaque Fourie, Peter Grant, Bryan Habana, Brok Harris, Conrad Jantjes, Ricky Januarie, Steven Kitshoff, Siya Kolisi, Nick Koster, JC Kritzinger, Tiaan Liebenberg, Francois Louw, Pieter Louw, Frans Malherbe, Siyabonga Ntubeni, Danie Poolman, Johann Sadie, De Kock Steenkamp, Gary van Aswegen, CJ van der Linde, Anton van Zyl, Duane Vermeulen, Elgar Watts en Tim Whitehead.