Sjiwa

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sjiwa (Śiva)
Standbeeld van Sjiwa in Bangalore wat hom uitbeeld tydens meditasie
Standbeeld van Sjiwa in Bangalore wat hom uitbeeld tydens meditasie
God van vernietiging
Devanagari: शिव
Affiliasie: Trimoerti
Abode: Kailashberg Kailāsa[1]
Mantra: Aum Namah Sivaya
Wapen: (Trisjoela (Sanskrit: त्रिशूल), Drietandvurk
Metgesel: Parwati of Sati of Sjakti of Doerga en Ganga
Rydier: Nandi (bul)

Sjiwa (uitspraak: [ʃɪ.ʋə]; Sanskrit: शिव, Śiva, letterlik "Die gunstige" ) of Siwa is 'n belangrike Hindoegod en een aspek van Trimoerti. In die Sjaiwa-tradisie van Hindoeïsme word Sjiwa as die oppergod gesien. In die Smarta-tradisie is hy een van die vyf primêre vorme van God.[2][3]

Hindoevolgelinge wat hulle aanbidding op Sjiwa toespits staan bekend as Sjiwaïete (Sanskrit Śaiva).[4] Sjiwaïsme, tesame met Vaiṣṇava-tradisies wat op Wisjnoe fokus en Śākta-tradisies wat op die godin Devī fokus is die drie mees invloedryke denominasies in Hindoeïsme.[3]

Sjiwa word normaalweg in die vorm van Sjiwa linga aanbid. In beelde word hy gewoonlik uitgebeeld in diepe meditasie óf terwyl hy die vurige Tandawa-dans uitvoer op Maja, die demoon van waan of onkunde, in sy manifestasie van Nataraja, die heer van die dans.

In sommige ander Hindoedenominasies verteenwoordig Brahma, Wisjnoe en Sjiwa die drie primere aspekte van die goddelike en staan hulle gesamentlik as Trimurti of "drie-eenheid" bekend. In hierdie geestelike leerskool is Brahma die skepper, Wisjnoe die instandhouer of behoeder en Sjiwa die vernietiger of vervormer.[5]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Vir die naam Kailāsagirivāsī (Sanskrit कैलासिगिरवासी), "Met sy verblyf op Kailāsa-berg", as 'n naam wat in die Sjiwa Sahasranama verskyn kyk: Sharma 1996, p. 281.
  2. http://www.himalayanacademy.com/resources/books/dws/dws_mandala-02.html
  3. 3,0 3,1 Flood (1996), p. 17.
  4. Tattwananda, p. 45.
  5. Zimmer (1972) p. 124.