Established Springboks to continue careers with Blue Bulls

Established Springboks to continue careers with Blue Bulls

articles.comments (22)

Established Springboks to continue careers with Blue Bulls

The Blue Bulls Company (Pty) Ltd on Monday confirmed that a number of high profile Springboks have extended their contracts with the BBC for the next couple of seasons.

The likes of Handre Pollard (Oct 2019), Adriaan Strauss (Oct 2019), Jesse Kriel (Oct 2019), Trevor Nyakane (Oct 2018) and Jan Serfontein (Oct 2017) all confirmed their futures with the Vodacom Bulls and Vodacom Blue Bulls by signing extensions that will keep them in Pretoria for a considerable time.
“This is a clear indication that frontline players see the Vodacom Bulls and Vodacom Blue Bulls as the ideal place to continue and build their already impressive careers," says High Performance Manager at the BBC, Xander Janse van Rensburg.

"These players are all expected to be amongst the best in the world in their positions for a number of years still and should play many test matches for the Springboks while in Bulls colours. This is a massive endorsement from them towards our mission statement and drive to be one of the leading rugby teams in the world. Not only the Bulls, but South African rugby will benefit in having them based in Pretoria.”
"We believe Blue Bulls rugby has the ability to attract and retain the biggest names in South African rugby and this is proof of that." "We have worked very hard over the last couple of months to steady the ship and to ensure we remain the preferred team to many of the country's best players. We had to re-invent ourselves in a way and owned up to the fact that this team belongs as much to the fans as to the union and the players in the squad. The fact that these players want to stay on to be part of this new drive to make our supporters proud, shows their commitment. They accepted the responsibility to achieve those goals and that makes us very proud and humbled. Exciting times await," Janse van Rensburg said.

Janse van Rensburg also confirmed that current Absa Currie Cup squad members Andre Warner (Oct 2017), Dries Swanepoel (Oct 2017), Roelof Smit (Oct 2017) and Irne Herbst (Oct 2017) signed on for two more seasons.
"All of them have represented South Africa already at various stages of their young careers and it is great to know that we will be able to call on their massive potential and abilities for the next couple of seasons. These players hail from our junior structures and constitutes our new generation, we are excited about their futures here"
Four new players from outside the union were also recruited. Freddy Ngoza (Flanker, Free State), Entienne Swanepoel (Prop, WP), Lihleli Xoli (Utility Back, WP) and Le Roux Roets (Lock, GLRU) have signed contracts till October 2017.

"It is great to have these players around for the next couple of years. Someone like Le Roux Roets was schooled at Garsfontein and then snapped up by the Golden Lions, but we are very happy to see him back in blue. Lihleli, Freddy and Entienne are all players we have been following closely for the last couple of seasons and we are excited to see their careers hopefully excel in Pretoria" Janse van Rensburg said.

 Gevestigde Springbokke sit loopbane by Blou Bulle voort.

Die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk het Maandag bevestig dat 'n groot getal hoë profiel Springbokke hul kontrakte met die BBM vir die afsienbare toekoms verleng het.
Spelers soos Handré Pollard, Adriaan Strauss, Jesse Kriel (almal Oktober 2019), Trevor Nyakane (Oktober 2018) en Jan Serfontein (Okotber 2017) het almal hul toekoms met die Vodacom Bulls en Vodacom Blou Bulle bevestig en het hul kontrakte verleng om nog 'n geruime tyd hul rugby op Loftus Versfeld te speel.

"Hierdie is 'n duidelike voorbeeld daarvan dat hoë profiel spelers die Vodacom Bulls en Vodacom Blou Bulle sien as die ideale spanne om hul reeds indrukwekkende loopbane voort te sit en uit te brei," glo die BBM se Hoë Prestasiebestuurder, Xander Janse van Rensburg.

"Hierdie spelers word gereken om van die beste in die wereld in hul onderskeie posisies te bly in die volgende klompie jare en behoort nog 'n magdom toetse vir die Springbokke te speel as Bulls-spelers. Hierdie is 'n massiewe mosie van vertroue van die spelers en onderskryf ons missie om een die toonaangewende rugbyspanne in die wereld te bly. Nie net die BBM nie, maar ook Suid-Afrikaanse rugby sal die vrugte pluk van hul besluit om in Pretoria aan te bly," het Janse van Rensburg gesê.

"Ons glo Blou Bulle rugby het die vermoë om van die grootste name in Suid-Afrikaanse rugby te trek en te behou en hierdie is 'n bewys daarvan. Ons het baie hard gewerk die laaste paar maande om seker te maak ons kry die skip weer op koers en dat ons die voorkeurspan vir talle van die land se beste spelers bly. Ons moes onsself daaraan herinner en weer verbind aan die wete dat hierdie span net soveel aan die ondersteuners behoort as aan die spelers en die unie. Die feit dat die spelers almal bereid was om aan te bly en saam te werk om daardie visie tot uitvoer te bring, wys alreeds 'n geweldige mate van toewyding. Hulle het die veranderwoordelikheid aanvaar om die uitdagings en doelwitte saam met ons ondersteuners na te streef. Dit maak ons by die BBM baie nederig en dankbaar. Opwindende tye wag."

Janse van Rensburg het verder bevestig dat bestaande Absa Curriebekerspelers Andre Warner, Dries Swanepoel, Roelof Smit en Irne Herbst (almal Oktober 2017) hul kontrakte hernieu het.

"Almal van hulle het al vir Suid-Afrika op 'n verteenwoordigende vlak uitgedraf in hul junior loopbane en dit is fantasties om te weet ons gaan hulle potensiaal vir nog twee seisoene kan ontwikkel en die vrugte daarvan pluk. Hulle maak deel uit van die volgende generasie wat moet deurkom en meer bevredigend, almal deur ons junior strukture ontwikkel het," aldus Janse van Rensburg.

Vier nuwe spelers het ook intussen hulle loopbane in Pretoria kom voortsit. Freddy Ngoza (flank, Vrystaat), Entienne Swanepoel (ftut, WP), Lihleli Xoli (veelsydige agterspeler, WP) en Le Roux Roets (slot, Leeus) het almal kontrakte tot einde Oktober 2017 geteken.

"Dit is puik om hierdie spelers vir die volgende paar seisoene tot ons beskikking te hê. Iemand soos Le Roux Roets was op Garsfontein op skool voor die Leeus hom opgeraap het, so dit is fantasties om hom terug in blou te hê. Ons volg ook reeds die loopbane van Lihleli, Freddy en Entienne vir die afgelope paar jaar en dit is opwindend on te weet dat hulle hul loopbane hier in Pretoria gaan voortsit,” het Janse van Rensburg gesê.

Pin It

Aug 31, 2015

(22) Established Springboks to continue careers with Blue Bulls

  1. gravatar Paarlbul says:
    Uittreksel uit artikel bo:

    Ons glo Blou Bulle rugby het die vermoë om van die grootste name in Suid-Afrikaanse rugby te trek en te behou en hierdie is 'n bewys daarvan. Ons het baie hard gewerk die laaste paar maande om seker te maak ons kry die skip weer op koers en dat ons die voorkeurspan vir talle van die land se beste spelers bly. Ons moes onsself daaraan herinner en weer verbind aan die wete dat hierdie span net soveel aan die ondersteuners behoort as aan die spelers en die unie

    Wat ons as ondersteuners hoop is dat die hele bestuurspan saamwerk om die skip weer op koers te kry. Ons sien sommer binne enkele wedstryde die verskil wat 'n afrigter kan maak.
    Damn, waar kon die Bulle gewees het as Ludeke al 5 jaar terug gewaai het, want 'n klomp goeie spelers is weg omdat die Bulle nie meer die voorkeurspan was nie.

    Daar is nou eending wat prioriteit is om die Bulle se koers nog beter reg te kry en dit is 'n sterk skrum. Werner en Dean kom nie die mas op nie en as dit so moet wees dat die Bulle in die eindstryd gaan speel, ons speel teen die Leeus en Werner en Dean is nog daar, dan wil ek nie daardie skrum storie ervaar nie!

    Ek lek my lippe af om die Jan Serfontein/Dries Swanepoel kombinasie weer saam te sien. Dries was beslis die man of match gewees Saterdag. (Jessie sal moet sy kant bring as hy wil nr 13 speel).

    Saterdag was 'n bietjie van 'n afdag, veral by die afbreekpunte, maar die Bulle het nog steeds great gedoen.


  2. gravatar nitronic says:
    wonderlike nuus, well done. Nou kry vir ons nog n stut en lekker harde slot
  3. gravatar Bullebakkies says:
    Ons lyk sover goed vanjaar.

    Ek stem saam dat ons stutte kort. Werner Kruger se dae is lankal getel, dalk kan ons Koch gaan teken by Pumas?

    Nolis maak n baie groot verskil. Ek se nogsteeds, maak hom Superrugby coach!

    Go Bulle go!!
  4. gravatar Oom Koos says:
    Lekker Bulle!!!! Dis nou BAIE goeie nuus op n Maandag more. Hier is van die beste spelers wat sommer lekker lang kontrakte geteken het. Fantasties man. Nitronic ek stem met jou saam dat ons ons stutte sal moet aanvul en ook n moewiese slot. Jammer dat Paul Willemse weg is. Hy is die tipe slot wat ons nodig het. Wens die Bulle kan erens geld kry om hom terug te kry.
    Buiten die Bokke wat hul kontrakte verleng het, is dit ook goeie nuus dat Dries Swanepoel en Roelof Smit hul kontrakte verleng het. Smit was n monster nou die dag voordat hy beseer was.
    Dankie Liewe Vader dat FL besluit het om maar die pad te vat en dat n man soos NM in sy plek aangestel is. Amen
  5. gravatar Oom Koos says:
    Kan iemand dalk meer vertel van die nuwe manne wat by ons geteken het. Muzi do you know more of these guys

    Vier nuwe spelers het ook intussen hulle loopbane in Pretoria kom voortsit. Freddy Ngoza (flank, Vrystaat), Entienne Swanepoel (ftut, WP), Lihleli Xoli (veelsydige agterspeler, WP) en Le Roux Roets (slot, Leeus) het almal kontrakte tot einde Oktober 2017 geteken.
  6. gravatar Muzi says:
    @OOM KOOS......... Entienne Swanepoel is a quality young tight head prop...he's from Tygerberg High School...massive lad highly rated at WP he had no choice but to leave because Wilco Louw took his place in the CC squad....Xoli played varsity cup for UCT....decent player...ditto Ngoza who played for OFS....Le Roux Roets is a big kid...he stands close to 2 metres...and more 120kgs...similar to Paul Willemse....was one of the top schoolboy locks last year...Bulls also signed two quality young locks in Ruben Van Heerden and Hendre Stassen they both played for the SA schools this year....
  7. gravatar Muzi says:
    If FL was still head coach IMHO Dries Swanepoel would not have signed a new contract....he's a gem that has a wonderful skillset...with a mixture of brute strength...gile and speed....he's the real deal....
  8. gravatar Balsak says:
    Do we have any decent player of colour?
    Think it is definitely going to become more and more crucial.
  9. Ek is ook van mening dat die enigste rede waarom sekere talente hul kontrakte verleng het die nuwe spelpatroon van die bulle is.

    Handre Pollard teken tot 2019.

    Dis impressive.
  10. gravatar Bloukaap says:
    Goeie nuus maar ook een.of twee vrae van my kant af. Ek is baie bly oor die kultuur ommeswaai by die Bulle. Daar is beslis gees van gesonde verantwoording by die BBM bespeur en.dit maak mens opgewonde oor die skip wat sy neus begin draai.

    Ek persoonlik dink nie ons het nog 'n flank nodig nie. Ons moet opmaak vir die verliese van Jacques di Plessis, Flip vd Merwe, Victor Matfield en Marcel vd Merwe. Slotte en voorrye raak al beter hoe ouer hul raak. En Superrugby ervaring skop jy nie agter elke bos uit nie. Dean en Werner kry pakslae in elke liewe game. Hulle bly die teiken van al die ander spanne.

    Voorts: Dis duidelik dat sie Bulle ernstig is oor transformasie. Dit lyk of ons voorry en agterste driehoek die posisies sal wees waarin ons dit wil deur voer.
  11. gravatar Paarlbul says:
    I agree with the 2 young locks - Ruben van Heerden and Stassen - 2 no-nonsense type locks. Stassen played in the last schoolboy match against England and was impressive.
    How serious is Jason Jenkins - should be the backup for Flip/JduP.

    I hope Pierre Schoeman has recovered well - he will do great in the new Bulls game, but he is strong enough in the scrums.

    Het iemand by die Bulle nog Vincent Koch se nommer?
  12. Het ou Vincent dan nie geteken by die Stormers/WP vir volgende jaar nie?????
  13. BLOUKAAP, Marcel van der Merwe gaan nêrens heen volgende jaar nie. Kyk na https://en.wikipedia.org/wiki/List_of_2015%E2%80%9316_Super_Rugby_transfers wat die Bulle se bewegings vir volgende jaar wys. Hy si steeds deel van die span. Wat my wel bekommer is dat sy kontrak einde volgende jaar verstryk, en daar is nou met groot bohaai na die ander gewys wat kontrakte verleng, maar nie hy nie. Hopelik is Xander besig daarme...
  14. gravatar Bloukaap says:
    dankie Geen bloutjie

    ek sien.hy is tot 2016 Gekontrakteer. nie seker of dit tot Oktober of einde van Superrugby is nie.

    Dis goeie nuus.
  15. gravatar Muzi says:
    I have a feeling Francois Hougaard is leaving.....pity because he MUCH better than Paige....
  16. gravatar Newell says:
    Pleased Muzi is back - - - Now we can get all the info on the up and coming youngsters.
  17. gravatar Marshall says:
    x bly vir die nuwe generasie blou bloed
  18. gravatar Oom Koos says:
    Thanks Muzi
    As ek kyk na die Super Rugby Transfers dan lyk dinge baie goed vir die Bulle. Veral met die spelers wat nou sulke lang kontrakte geteken het. Sal net wil sien dat Hougaard nog vir 2 seisoene teken en dan natuurlik n stut of twee en n hardegat slot. dan is ons reg vir volgende jaar
  19. gravatar Timothy says:
    Le Roux Roets is n eintlikke Blou Bul so hy kom terug huistoe en is baie trots daarop en ja WP wil altyd kompeteer teen ons so ons maak maar net seker hulle verdien ni die beste ni
  20. gravatar Blou bul says:
    Lions soek ons spelers dalk moet ons almal wat by ons was terug vat
  21. gravatar Timothy says:
    Ek sien ons het Luther Obi toe gekry ek is so bly die Bulle soek hom al vi 2jaar so daai Luiperde was hard op Luther maar toe steel OP Kings hom maar nou mt daai geld sake van hulle is Luther uit eindelik by di Bulle congrats Luther en Louis Fouche wat by OP Kings aansluit saam Jurgen Visser goeie talent van Louis sien loop ons het hom nodig gehad

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *