Varkgriep

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Broom icon.svg Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word.
Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word.
Varke kan draers wees van griepvirusse wat aangepas is tot mense en ook ander wat aangepas is tot voëls, wat dit moontlik maak vir die virusse om gene uit te ruil en sodoende ontstaan 'n lyn van pandemiese virusse
Die Influensavirus A

Varkgriep verwys na griepgevalle wat veroorsaak word deur Ortomixovirusse wat endemies is tot varke. Varkgriepgeslagslyne wat tot op hede geëien kon word is geklassifiseer as óf Influensavirus C of een van die verskeie subtipes van die genus Influensavirus A.[1]

Varkgriep, anders as voëlgriep kan versprei word deur mens tot mens kontak.[2]

Dit is bekend dat Varkgriep veroorsaak word deur Influensa A subtipes H1N1, H1N2, H3N1 en H2N3.[3][4][5]

In varke kom drie influensa A virus subsoorte voor (H1N1, H3N2 en H1N2) wat wêreldwyd sirkuleer. Dit is bekend dat die griep tot dusver verantwoordelik was vir die sterftes van om en by 81 mense met ingang 26 April 2009 hoofsaaklik in Meksiko en die VSA. In Suid-Afrika bestaan daar kommer dat die virus nie spoedig opgespoor gaan word nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie bestempel die virus as 'n noodgeval.[6] Die naam 'varkgriep' skep wêreldwyd verwarring. In Rusland, Indonesië en nog ander lande het die invoer van varkvleis verbied, maar díe virus, sover bekend, word glad nie van varke verkry nie.

Varkgriep is algemeen onder varke en seldsaam in mense. Mense wat met varke werk veral mense met 'n hoë mate van blootstelling kan varkgriep opdoen as die lyn in staat is om mense te besmet. Hierdie variasies kan gewoonlik egter nie van mens-tot-mens oorgedra word nie. Af en toe kan die Varkgriepvirus egter muteer na 'n vorm wat maklik van mens tot mens oorgedra kan word. Daar word vermoed dat die virus wat die 2009 varkgriep uitbraak veroorsaak het so 'n mutasie ondergaan het.[7] Die virus wat verantwoordelik is vir die 2009 uitbraak is varkgriep genoem vanweë die feit dat een van die proteïene op die oppervlak daarvan ooreenstem met die virus wat gewoonlik varke aantas, maar dis nog onbekend of dié spesifieke variant varke aantas.

In mense is die simptome tipiese simptome van griep- en verwante siektes naamlik kouekoors, koors, seer keel, spierpyne, erge hoofpyn, hoes, tamheid en algemene ongemak. Die variant verantwoordelik vir die 2009 uitbraak veroorsaak in die meeste gevalle slegs ligte simptome en herstel die aangetaste persoon binne 'n paar dae.

Bronne en Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Heinen PP (15 September 2003). “Swine influenza: a zoonosis”. Veterinary Sciences Tomorrow.
  2. http://www.cnn.com/2009/HEALTH/04/25/swine.flu/index.html
  3. Swine Influenza”. Swine Diseases (Chest). Iowa State University College of Veterinary Medicine.
  4. Shin JY, Song MS, Lee EH, Lee YM, Kim SY, Kim HK, Choi JK, Kim CJ, Webby RJ, Choi YK (2006). “Isolation and characterization of novel H3N1 swine influenza viruses from pigs with respiratory diseases in Korea”. Journal of Clinical Microbiology 44 (11): 3923–7. doi:10.1128/JCM.00904-06.
  5. Ma W, Vincent AL, Gramer MR, Brockwell CB, Lager KM, Janke BH, Gauger PC, Patnayak DP, Webby RJ, Richt JA (26 Desember 2007). “Identification of H2N3 influenza A viruses from swine in the United States”. Proc Nat Acad Sci U S A 104 (52): 20949–54. doi:10.1073/pnas.0710286104.
  6. http://www.dieburger.com/Stories/News/World/19.0.1493869021.aspx - Artikel in Die Burger.
  7. http://www.who.int/mediacentre/news/statements/2009/h1n1_20090427/en/index.html