Vatikaanstad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Stato della Città del Vaticano
Staat van die Vatikaanstad
Vlag van die Vatikaanstad Wapen van die Vatikaanstad
Vlag Wapen
Volkslied: Inno e Marcia Pontificale
(Italiaans vir: "Pouslike volkslied en mars")
Ligging van die Vatikaanstad
Hoofstad Vatikaanstad

41°54′N 12°27′O / 41.900°N 12.450°O / 41.900; 12.450

Grootste stad Vatikaanstad
Amptelike tale Italiaans
Regering




• Soewerein
• Staatsekretaris
• President van die regering
Kerklike[1];
priesterlike-monargiese[2];
absolute monargie[3];
elektiewe monargie[4];
elektiewe teokrasie.[5]
Pous Franciskus
Pietro Parolin
Giuseppe Bertello[6]
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Lateraanse Verdrag

van Italië
11 Februarie 1929
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
0,44 km2  (249ste)
0,17 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2013-skatting
 - Digtheid
 
839[1] (240ste)
1 877 / km2 (6de)
4 859 / myl2
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .va
Skakelkode +379
Kaart van die Vatikaanstad

Die Vatikaan of Vatikaanstaat, amptelik die Staat van die Vatikaanstad (Italiaans: Stato della Città del Vaticano, Latyns: Status Civitatis Vaticanæ), is 'n klein soewereine staat waarvan die gebied bestaan uit 'n ingeslote gebied binne die stadsgebied van Rome, Italië. Omdat dit regeer word deur die Biskop van Rome, die Pous, kan die regering daarvan beskryf word as Ekklesiasties en die hoogste staatsampte word volgestaan deur kerklikes. Die moderne tuiste van die Pous is die kleinste onafhanklike nasie in die wêreld in terme van area en bevolking. (Dit is as die Knights Hospitaller nie as 'n land in berekening gebring word nie.) Dit is die territoriale setel van die Heilige Stoel, die institutionele entiteit verteenwoordig deur die Pous, die Biskop van Rome, en daarom ook die hoof ekklesiale setel van die Rooms-Katolieke Kerk van beide die ooste en die weste. Die Vatikaanstad is in 1984 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Bevolking[wysig | wysig bron]

Lede van die Switserse Garde

Volgens die Vatikaanstaat se amptelike statistieke het 532 van die sowat 900 mense, wat in Vatikaanstad bly, Vatikaanse burgerskap (waaronder 62 kardinale, 350 geestelikes, 101 lede van die Switserse Garde, wat tydelike Vatikaanse burgers is, en vyftig ander nie-geestelike leke).[7]

Vatikaanse burgerskap word net tydelik verleen en is steeds aan die pos gekoppel, wat 'n burger in Vatikaanstad beklee. Dit vervang ook nooit die "natuurlike" burgerskap nie en word toegeken aan leidende verteenwoordigers van die kurie, lede van die Switserse Garde, kardinale, wat in Rome of Vatikaanstad woon, en persone, wat hulle permanente woonplek met toestemming van die Pous in Vatikaanstad het.

Sowat veertig persent van die Vatikaanse burgers bly egter nie in Vatikaanstad nie. Dit is meestal lede van die pouslike gesantskappe in die buiteland, aan wie tydens hulle ampstermyn ook Vatikaanse burgerskap toegeken word. Vatikaanstad reik slegs diplomatieke paspoorte uit.

Daar is sowat 3 000 werknemers in Vatikaanstad, soos byvoorbeeld lede van die administrasie, verkopers, restourateurs, kokke, kantoorwerkers, drukkers, mense in diens van die Vatikaanse bank of skoonmakers, wat gewoonlik nie in Vatikaanstad woon nie.

Die amptelike tale van Vatikaanstaat is Latyn en Italiaans. Daarnaas word Italiaans en soms ook ander tale vir persoonlike onderhoude, publikasies en die Vatikaanse radio- en televisiediens gebruik. Die Switserse Garde gebruik Duits as hulle taal. Die amptelike webwerf van Vatikaanstad is in Italiaans, Duits, Engels, Frans, Spaans en Portugees beskikbaar.

Aanmerking[wysig | wysig bron]

In die Vatikaanstaat kan selfs die outobanke Latyns praat, wanneer jy gaan geld trek.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 (en) Holy See (Vatican City)”. CIA—The World Factbook. URL besoek op Julie 2014.
  2. (en) Vatican City”. Catholic-Pages.com. URL besoek op 27 Julie 2014.
  3. (en) Internet portal of Vatican City State”. Vatikaanstad. URL besoek op 27 Julie 2014.
  4. (en) Gerhard Robbers, Encyclopedia of World Constitutions (Infobase Publishing 2006 ISBN 978-0-81606078-8), bl. 1009
  5. (en) Nick Megoran, "Theocracy" in International Encyclopedia of Human Geography, vol. 11, Elsevier 2009 ISBN 978-0-08-044911-1, bl. 226
  6. (it) Governorate”. Vaticanstate.va. URL besoek op 27 Julie 2014.
  7. (de) Der Fischer Weltalmanach 2007. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2006, bl. 497

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Koördinate: 41°54′N 12°27′O / 41.900°N 12.450°O / 41.900; 12.450