18 Februarie
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
<< | Februarie 2015 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
Al die dae |
18 Februarie is die 49ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 316 dae in die res van die jaar (317 in skrikkeljare).
Inhoud
Gebeure[wysig | wysig bron]
- 1220 – Pous Honorius III verklaar Hugo, biskop van Lincoln heilig.
- 1815 – Die ondertekening van die Vrede van Gent beëindig die Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812.
- 1839 – Pous Gregorius XVI stel Charles Januarius Acton, ouditeur generaal van die Apostoliese Kamer aan as kardinaal.
- 1854 – Stigting van NG gemeente Hopetown op die plaas Duvenaarsfontein, Noord-Kaap.
- 1857 – Die Nasionale Selfmoord van Xhosas vind plaas.
- 1861 – Jefferson Davis word in Montgomery, Alabama ingesweer as president van die Gekonfedereerde State van Amerika.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Paardeberg neem 'n aanvang.
- 1930 – Clyde W. Tombaugh ontdek die planeet Pluto, sedert 24 Augustus 2006 'n dwergplaneet.
- 1946 – In sy eerste konsistorie na die Tweede Wêreldoorlog stel Pous Pius XII 32 nuwe kardinale aan met veel nie-Italiane en geestelikes uit Sjina, Indië en die Midde Ooste.
- 1952 – Griekeland en die Turkye betree die NAVO.
- 1965 – Gambië word Afrika se onafhanklike 36ste staat.
Geboortes[wysig | wysig bron]
- 1516 – Maria I van Engeland, koningin van Engeland en van Ierland († 1558).
- 1919 – Amir Abbas Hoveyda, Iranse ekonoom en politikus, premier van Iran († 1979).
- 1854 – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) († 1930).
- 1953 – Leon van Nierop, Afrikaanse vervaardiger, skrywer en rolprentresensent.
Sterftes[wysig | wysig bron]
- 999 – Pous Gregorius V, 138ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±972).
- 1294 – Kublai Khan, die kleinseun van Genghis Khan, asook 'n Mongoliese leier en die stigter van die Sjinese Yuan-dinastie (* 1215).
- 1546 – Martin Luther, teologiese grondlegger en leraar van die Reformasie (* 1483).
- 1831 – Lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1767).
- 2011 – Lucas Maree, bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1952).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae[wysig | wysig bron]
- Feesdag van Pous Leo I in die Ortodokse Kerk.
Gepubliseer[wysig | wysig bron]
Teologie[wysig | wysig bron]
- 1745 - Cum multorum chariate - waarin gebede gevra word vir koning Lodewyk van Frankryk - deur Pous Benedictus XIV.