Afrikaans is tops by Sama-toekennings

bobbyvj2


Die 16de jaarlikse Sama-toekennings is Vrydag- en Saterdagaand by Sun City gehou en talle Afrikaanse kunstenaars het met dié gesogte toekenning weggestap.

Carike Keuzenkamp is vereer met die Sama-toekenning vir ‘n leeftyd se bydrae tot plaaslike musiek.

Kurt Darren het die toekenning ontvang vir die beste verkoper true tone-aflaaideuntjie vir Kaptein. Hy het ook weggestap met die toekenning vir die beste verkoper vollengte-aflaaideuntjie vir sy liedjie Af en Af.

Bok van Blerk se album Afrikanerhart het die Sama-toekenning gekry vir beste verkoper.

Die ander wenners:

Beste Afrikaanse tradisionele musiek:
Klipwerf Orkes vir Hantam Carnival

Beste kontemporêre album (Afrikaans):
Chris Chameleon se Kyk hoe Lyk Ons Nou

Beste Gospelalbum (Afrikaans):
Retief Burger vir Luidkeels Oorgegee

Beste kinderalbum (Afrikaans):
Nedine Blom se Supercool vir Jesus

Beste country-album (Afrikaans):
Ray Dylan se Goeie Ou Country

Beste Afrikaanse rockalbum:
Jan Blohm se 7 Jaar

Beste alternatiewe album in Afrikaans:
Die Heuwels Fantasties se Die Heuwels Fantasties

Beste Afrikaanse DVD:
Juanita du Plessis se 10 Jaar Platinum Treffers Live

Beste DVD Verkoper:
Huisgenoot Skouspel 10 (2009)

Beste sokkiedans-album:
Die Campbells se Mamma Maria

Beste pop-album (Afrikaans):
Bobby van Jaarsveld se Net vir Jou