Akademia – ‘n 2015 neutedop

Vrydag, Desember 4th, 2015
CR3E2942

Solidariteit se private Afrikaanse universiteit, Akademia, het vanjaar groot vordering getoon en is steeds bedrywig met beplanning vir uitbreiding in die toekoms.

Akademia gee aan studente toegang tot bekostigbare graad- en ander universiteitskwalifikasies deur die vestiging van na-uurse klaskontaksessies in sewe sentrums regoor Suid-Afrika. Daar word bykomende sentrums in ander gebiede vir 2017 beplan.

Hierdie inisiatief van die Solidariteit Beweging bevorder die idee om te studeer terwyl jy werk – so doen jy waardevolle ervaring op en verwerf jy ‘n kwalifikasie sonder om baie studieskuld te laat oploop. Akademia is ook op die voorpunt van tegnologie. Deur middel van ‘n hoogs gesofistikeerde videokonferensiestelsel word klaskontaksessies vanuit ’n ateljee in Pretoria na al die sentrums gelyktydig uitgesaai.

 

Kwalifikasies

Akademia bied tans die volgende programme aan:

  • BCom-graad in Bestuursrekeningkunde
  • BCom-graad in Ondernemingsbestuur
  • Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
  • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Algemeen of Projekadministrasie)

 

Daar word deurlopend ondersoek gedoen om te bepaal wat toekomstige studente se behoeftes is sodat nuwe programme moontlik ontwikkel en aangebied kan word. Dit is ʼn proses wat tyd verg, want programme moet eers geakkrediteer word voordat dit aangebied kan word.

Drie nuwe studierigtings word vir die nadere toekoms beplan: Verpleegkunde, BCom Ekonomie en Regte; en BCom Finansiële Beplanning. Na verwagting sal Akademia in 2016 sowat 500 studente hê wat vir een van hierdie kwalifikasies geregistreer sal wees.

Nuwe gebou

Die Boufonds het dit vanjaar vir Akademia moontlik gemaak om na ‘n nuwe kampuskompleks in Centurion te verskuif. Hierdie stap dra daartoe by dat Akademia tot ’n volwaardige Afrikaanse universiteit uitgebou kan word.

 

Solidariteit-beurskompetisie

Lede van Solidariteit (van enige ouderdom) en hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar kwalifiseer om aan die kompetisie deel te neem.

Drie beurse word uitgegee, wat die volgende insluit:

  • Alle klasgelde
  • Studiegidse en handboeke (handboeke vir graadkursusse uitgesluit)
  • ’n Tabletrekenaar

Akademia en eNuus Elite-beursprogram

Hierdie program het vyf Elite Beurse uitgegee ter waarde van ongeveer R250 000 elk vir studies in BCom Ondernemingsbestuur. Wat hierdie beurse uniek maak, is dat studente gedurende hul studie blootstelling kry aan die wêreld van werk deur ’n vooraf georganiseerde internskapprogram.

Die beurs sluit in:

  • Drie jaar se volle studiegeld by Akademia (insluitend klasgelde, boeke, studiegidse, tabletrekenaar, eksamens en registrasiekoste);
  • Drie jaar se studiementorskap
  • Drie jaar se uitkomsgebaseerde werkservaring
  • Persoonlike ontwikkelingskursusse
  • Blootstelling aan verskeie bedryfs- en denkleiers
  • Sakgeld per maand
  • ’n Oorsese studie- en blootstellingsreis in die derde jaar

Op die foto ingesluit is 2015 se beurswenners saam met hulle programkoördineerders.

Die nuwe beurswenners vir 2016 is intussen ook bekendgemaak en sluit in; Darcia Bench, Ruan Pieterse, Jean-Pierre Erasmus, Andrea Erasmus en Simoné Kapp.

Helpende Hand-studiehulp

Reeds meer as R73 miljoen is uitbetaal om 4 300 studente te help om te studeer, maar daar word beplan om oor vier jaar R100 miljoen per jaar aan studiehulp te gee.

Daar word beoog om meer as R1 miljard oor die volgende vyf jaar in Afrikaanse opleiding te belê; dit strek van kleuterskoolvlak tot ’n privaat Afrikaanse universiteit.

Die geleentheid om ’n studiefonds te stig, word bevorder deur Helpende Hand se Studiefondssentrum wat die beursfonds namens die individu of maatskappy bestuur en administreer.

Solidariteit-lede kry 20% afslag op studies by Akademia en het toegang tot rentevrye studielenings wat deur Helpende Hand aangebied word. Jy hoef slegs die bedrag terug te betaal wat jy leen, en jy hoef dit eers terug te betaal nadat jy jou studies voltooi het. Dit bly egter die betrokke donateur se reg om te besluit of ʼn rentevrye studielening wel later dalk in ʼn studiefonds omskep kan word.

Kliek hier vir meer inligting

 

Akademia Entrepreneur – Sakeplankompetisie

Die Akademia Sakeplankompetisie is ʼn nie-winsgewende inisiatief van Akademia wat spesifiek begin is met die doel om bestaande sowel as voornemende besigheidseienaars te help om volhoubaar sake te bedryf, hul eie besigheid te begin of hul huidige onderneming ’n hupstoot te gee. Die kompetisie is in twee kategorieë verdeel – nuwe besighede en bestaande besighede.

‘n Sakebestuurwerkwinkel is tydens die kompetisie aangebied, ’n paneel deskundiges het die deelnemers se sakeplanne beoordeel en ‘n proses van mentorskap is deur die kompetisie se mentorskapvennote behartig.

In die afdeling vir nuwe besigheid het Jaco Ferreira met sy konsep Revolutionfit gewen, terwyl Elize Lourens met haar Villiers Padstal die kategorie vir ʼn bestaande besigheid gewen het. Die wenners het hul deel van meer as R1,475 miljoen in prysgeld ontvang. Pryse sluit onder meer ’n jaar se mentorskap, bemarkingshulp, finansiële hulp, regshulp en ’n kontantkomponent in.

 

Akademia fokus nie net op sy eie studente nie en het vanjaar ‘n twee dae lange wiskunde-winterskool vir graad 12’s aangebied om hulle vir die rekord- en eindeksamen voor te berei, teen slegs R200.

Hiermee wil ons aantoon dat Akademia nie stilstaan nie en vanjaar vele prestasies behaal het. Verdere ontwikkeling sal plaasvind met die oog op die verwagting van 2 000 studente en 24 sentrums wat reg oor die land beplan word

  •  
  •  
  •  
  •  
  • Anthony

    Wil graag weet of julle studie Polis sal beskikbaar maak vir kinders.
    Moontlik n tersiere spaar plan wat aan julle gekoppel is.
    My seun is nou 15 maande en ek sal graag in so plan wil bele vir hom. Indien julle nog nie die opsie ondersoek het nie. Wel nou is daar geleendheid. Ek glo baie afrikaners sal baat vind daarby. Nie net sal dit die kinders se toekoms verseker nie maar ook jul huidige fondse kan aanvul indien sekere persentasie daarvan spesifiek aan gewend word vir die bevordering en finansiering van huidige infrastruktuur. (Net n idee julle slim manne kan daaroor koukus )
    Ek oorweeg dit ook om te spaar sodat hy sy Internasionale “A-Levels” eers moet doen die jaar na skool. Oorweeg julle moontlik n oorbrugings jaar vir kinders wat vermoe het om internasionaal moontlik hul studies aan te voer? (Ek hoop ek plant idees)

    Vriendelike Groete
    Anthony Viviers

Ander Artikels

Akademia – ‘n 2015 neutedop
Solidariteit se private Afrikaanse universiteit, Akademia, het vanjaar groot vordering getoon en is steeds bedrywig met beplanning vir uitbreiding in die toekoms. Akademia gee aan studente toegang tot bekostigbare graad- en ander universiteitskwalifikasies deur die vestiging van na-uurse klaskontaksessies in sewe sentrums regoor Suid-Afrika. Daar word bykomende sentrums in ander gebiede vir 2017 beplan. Hierdie […]
  •  
  •  
  •  
  •  
STILBLY OOR DIE ANGLO-BOEREOORLOG IS GEEN OPSIE NIE
Danie Langner In die lig van die groter uitdagings in die Suid-Afrikaanse samelewing en die druk op Afrikaans aan universiteite, is dit maklik om die jongste voorval van kulturele geweld as ’n beuselagtigheid af te maak. Wat maak dit immers saak as minister Nathi Mthethwa die Anglo-Boereoorlog eensydig herdoop na die Suid-Afrikaanse oorlog? Dit volg […]
  •  
  •  
  •  
  •  
Arbeidsverhoudinge: terugblik op 2015 en vooruitsigte vir 2016
Deur Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit Wat arbeidsverhoudinge betref, het 2015 redelik vreedsaam verloop; die ironie is dat die grootste werkeroorwinning in 2015 deur protesterende universiteitstudente behaal is. Die onlangse klasgeldprotesaksie deur studente het onder meer ook aanleiding gegee tot die instemming van verskeie universiteite om dienste wat uitgekontrakteer is, weer in-huis te lewer. […]
  •  
  •  
  •  
  •  
1 2 3 14