Dan Roodt: Ja, Koos, die (konformistiese) Afrikaner se denke is bankrot

Onlangs het Koos Kombuis ‘n rubriek gepubliseer met die titel Is ons denke werklik so bankrot? Ek wil graag daarop antwoord, nie net omdat hy verkeerdelik na my en Steve Hofmeyr as “wit nasionaliste” verwys nie, maar ook omdat ek sy aanvoeling dat “ons denke” bankrot is, wil beaam. Hoeveel onse in jou pond Koos? kan mens tereg vra. Vir seker sluit ek nie myself en die res van die PRAAG-rubriekskrywers en nog minder vir Steve Hofmeyr by dié “onse” met bankrotdenke in nie.

Ten eerste wil ek vir Koos Kombuis reghelp met sy ontnugtering. Hy skryf:

Dit lyk asof al die kulturele bastions wat ons probeer bou het om die chaos buite te hou, vanaf die eng denke van die N.P. tot die droom van ’n eenheid bo alle rasgrense heen, meteens ’n dilemma ervaar wat vergelykbaar is met die Springbokke ná hul rampspoedige wedstryd teen Japan verlede maand.

Morele, strukturele en selfs geestelike bankrotskap.

Die droom van ’n “reënboognasie” is vervang deur die retoriek van die revolusie. Apartheid is terug in nuwe gedaantes.

In kort: hoe verder die spekter van wit nasionalisme verdwyn in die verlede in, hoe harder word die tromgeslag gehoor van ’n nuwe gedagtestroom: swart nasionalisme.

Natuurlik moet alle regdenkende Suid-Afrikaners enige vorm van nasionalisme verwerp.

Onmiddellik wil ek vra: Moet “alle regdenkende Suid-Afrikaners” insgelyks Engelse en Suid-Afrikaanse nasionalisme – wat deesdae een en dieselfde ding is – verwerp? Want die ekstreemlinkse Engelse (en Jode) is ooglopend triomfantelik en nasionalisties oor hul “oorwinning” oor Afrikaners. Die stryd om beheer oor swart opvoeding en media wat al sedert die koms van die Britse sendelinge woed, is oënskynlik deur hulle gewen. Dis waaroor die sogenaamde “opstand teen Afrikaans” in 1976, wat deur die Anglikaanse Kerk, asook The Star en The Rand Daily Mail, georganiseer en georkestreer is, óók gegaan het.

In die roes van hul nuutgevonde oorheersing binne ons demokratuur – ‘n mengsel van demokrasie en diktatuur – stook hulle gedurig die revolusie. Die “transformasie” van Suid-Afrika wat hulle verlang, word in al hoe radikaler terme geskilder. Kennelik verteenwoordig die radikalisering van die demokratuur – nou met minder demokrasie en meer diktatuur – vir Koos en baie ander wat in die skadu van die Helderberg op Stellenbosch grootgeword het, ‘n verrassing. Diegene van ons wat in Johannesburg opgegroei en die radikale, Engelse beweging by Wits en elders van naderby leer ken het, is eerder verras dat Suid-Afrika nie reeds veel nader aan sy Zimbabwaanse (om nou die pragtige Nederlandse adjektief te gebruik) eindpunt gekom het nie.

Koos verwys na “die eng denke van die N.P.”, maar is dit nie presies waarmee hy besig is nie? Beleef ons nie nou juis wat die N.P. in sy terminale fase vir ons wou bewerkstellig nie? Immers is Roelf Meyer, F.W. de Klerk, Leon Wessels, Renier Schoeman en die res van die N.P. tot die Engelse neomarxisme van ‘n multikulturele demokratuur bekeer! Die drie wesentlike elemente van Marx, Engels en Lenin se politieke denke is die volgende:

  • die nastreef van ‘n maatskaplike omwenteling of revolusie;
  • wat gelei word deur die “voorhoede van die werkersklas” en;
  • wat ná die staatsgreep ‘n “diktatuur van die proletariaat” sal vestig.

Al drie hierdie elemente is reeds in Suid-Afrika verwesenlik. Die ekstreemlinkse Engelse en Jode was die “voorhoede” wat met ‘n kombinasie van stedelike terreur en propaganda vir ons die revolusie gebring het. Die diktatuur van die proletariaat of die massa is ook reeds gevestig. Vandeesweek het ons by Wits gesien hoe selfs dié eertydse sitadel van marxistiese Boerehaat en “progressiewe denke” die knie moes buig voor ‘n skare wat die administrasiegebou, Senate House, beset het. Die “voorhoede” en die massa baklei tans oor die mag, hoewel die “voorhoede” bly in beheer van dít wat die Franse marxis, Louis Althusser, die “repressiewe staatsapparaat” genoem het: die weermag, die polisie en ander veiligheidsdienste. By enige marxistiese revolusie is die massa of die voorhoede bloot die instrument wat die voorhoede se finale oorheersing en magsgreep moet bewerkstellig.

Waarom is die Broederbond, die N.P., die N.G. Kerk en elke ander belangrike instelling so maklik tot die revolusie bekeer? Juis vanweë die bankrotskap van hul denke! Terugskouend het F.W. de Klerk en die res van die N.P. aan Joe Slovo, Ronnie Kasrils, Ben Turok en hul figurant Nelson Mandela oorgegee omdat hulle nie werklik verstaan het met wie en waarmee hulle te doene gehad het nie! De Klerk en sy broer Wimpie was produkte van die PUK waar dans tot redelik onlangs verbode was en die werke van Marx en Engels, asook die geskrifte van Harold Wolpe, Joe Slovo, Ruth First en ander, seker dieper in die doofpot gesteek is as Wimpie se seksuele skandes by die meisieskoshuis waar hy eens koshuisvader was. Praat van wolf skaapwagter maak!

Elke dag as ek die Afrikaanse koerante of hul aanlynoorblyfsels lees, kom ek onder die indruk van die volslae naïwiteit van ons mense, hul gebrekkige begrip van internasionale politiek, maar veral die enorme leemte in hul opvoeding as dit kom by die Europese denktradisie wat steeds in ‘n hoë mate die gang van globale politiek bepaal. In Frankryk, Nederland, Swede, Duitsland en ander lande heers daar tans ‘n intense debat oor kultuurkonflik wat deur die sg. “migrante” verhewig word. Europa ontdek nou die problematiek waarmee Verwoerd en sy tydgenote destyds geworstel het, dié van ‘n multiëtniese samelewing met diepgewortelde kultuurverskille. Pleks daarvan dat Afrikaanse skrywers, intellektuele en politici egter op gelyke voet hieraan deelneem, is hulle tjoepstil. Hulle probeer Slovo en Mandela se revolusie ter wille wees! Oor die enkele interessante idees en politieke insigte wat ons mense oor die jare ontwikkel het, het hulle geheueverlies, of verkies om glad nie daarvan kennis te neem nie omdat dit teenstrydig met die heersende Slovoïsme sou wees.

Mandela was nooit opreg in enigiets wat hy gesê het nie. Sy sogenaamde “versoenende uitsprake” is gemaak in ‘n tyd toe die ANC-SAKP nog nie volkome beheer oor die weermag en polisie gehad het nie. Hy was ‘n kulkunstenaar wat die revolusionêre broodnodig gehad het om hul staatsgreep te verstewig. Die paragraaf van Mandela wat Koos aanhaal, is in elk geval al tot vervelens toe aan ons deur die hoofstroommedia opgedring en dit is sinneloos. Geen grondwet op aarde kan die oorheersing van ‘n etniese minderheid verhoed nie, tensy dit dalk in Kanada is. Maar in alle veeltalige Westerse lande soos Kanada, België of Spanje waar daar min of meer billik met die regte van verskillende taal- of etniese groepe omgegaan word, geskied dit vanweë die dreigement van selfbeskikking en onafhanklikwording van die minderheidsgroep. Dis ‘n hele debat op sigself en ek laat dit daar.

Terug na “ons” intellektuele bankrotskap, waarvan ek myself en ‘n klein groepie andersdenkende Afrikaners uitsluit. Ons is nie deur die wierook van die demokratuur om die bos gelei nie. Die SAKP en sy “voorhoede” van “progressiewe denkers” en hatige revolusionêre verdrukkers was nie aan ons onbekend nie. Trouens, my eie vader het op dieselfde tydstip as Yossel (Joe) Slovo aan Wits gestudeer in ‘n tyd toe een derde van die studente op dié Engelse kampus Afrikaners was en daar reeds ‘n felle politieke stryd in aanloop tot die 1948-verkiesing gevoer is. Ons het as’t ware saam met die revolusionêre “voorhoede” grootgeword. Al was ons by tye hoe liberaal of hoe afvallig van die hoofstroom- Afrikanerkultuur, sou ons nooit die fout gemaak het om soos die N.P. ons vertroue in die revolusie te plaas nie. My liewe hemel, het die Afrikaner in 1994 dan niks geweet nie? Het hy nie Solsjinitsin gelees, of selfs Arthur Koestler of Albert Camus oor die “Rooi Kerk” nie? Die Franse intellektuele wat in die sewentigerjare verdoemende kritiek op marxisme en kommunisme gelewer het, het in die laat sewentigerjare selfs die voorblad van die Amerikaanse tydskrif Time gehaal. Het “ons” – Koos Kombuis se “ons” – nie daarvan kennis geneem nie?

Interessant genoeg laat weet Leon Lemmer vir my per e-pos nie te lank gelede nie dat hy reeds in 1980 op ons destyds aweregse tydskriffie Taaldoos – waarin Koos Kombuis destyds ook gepubliseer het – ingeteken was. Vandag hier op Praag herinner Lemmer ons aan ‘n brokkie deur Jaap Steyn dat Verwoerd in 1941 die voorstel gemaak het dat Afrikaans die enigste amptelike taal van Suid-Afrika moes wees. Vandag is Engels die enigste amptelike taal. Maar die feit dat ‘n klein groepie van ons al dekades lank en ondanks die revolusie wat die land – en die wêreld, as ons dink aan die skipbreuk van Oos-Europese kommunisme – intussen deurgemaak het, steeds konsekwent pro-Afrikaans en anti-kommunisties in ons denke gebly het, verskaf darem ‘n sprankie hoop dat nie almal se denke “bankrot” is nie.

Daar is net een stukkie waarheid in Koos Kombuis se kommentaar en dit is dat swart nasionalisme in Suid-Afrika ‘n “pseudo-beweging” is. Net soos elke bankrot Afrikaland deur ‘n groter moondheid of “donateur” (deesdae veral China) gemanipuleer word, só staan daar agter elke “swart nasionalis” ‘n blanke marxis of organiseerder of geldskieter. Waarskynlik het Malema nog nooit ‘n sent van enige van sy ondersteuners in die lokasie (“kasi” is seker die meer polities korrekte spelling, soos die SABC dit gebruik) ontvang nie. ‘n Beweging soos die EFF ontstaan nie uit die niet of “spontaan” nie. Politiek kos geld, baie geld. Sekere elemente van die “voorhoede” beskou dit egter as in hulle belang om ‘n figuur soos Malema te befonds, aan te praat, publisiteit te gee en van allerlei logistieke steun te voorsien.

Koos Kombuis het ook nie gelyk as hy meen dat ek en Steve Hofmeyr “wit nasionliste” is nie. Ek kan nie vir Steve praat nie, maar nêrens het hy nog ooit ‘n oproep gedoen dat “die witmense van Suid-Afrika” teen ander rasse moet saamstaan, op die manier waarop sommige Amerikaners dit doen nie.

Afgesien van die rol van marxistiese ideologie, verskaf taal die sleutel om Suid-Afrika te verstaan. Koos Kombuis ly aan die Stockholmsindroom as hy dink dat Steve Hofmeyr vir Blade Nzimande of Panyaza Lesufi sou “uitlok” om teen Afrikaners en Afrikaans op te tree. Het ons ooit die Engelse in die negentiende eeu uitgelok? Nietemin het die Britse koloniale owerheid alles in sy vermoë gedoen om ons taal te onderdruk en kort ná 1902 is dit deur Milner voortgesit.

Die probleem is dat Afrikaans en Afrikaners in die weg van die revolusie staan. Dit is deel van die doktrine van die SAKP wat reeds in die 1950’s aangeneem is dat Engels die enigste landstaal moet wees en dat die totale bevolking geassimileer moet word in een Engelstalige proletariaat wat deur die Party en die voorhoede gelei sal word. Die Katalaanse akademikus en politikus Alfred Bosch het ‘n skerpsinnige opstel oor die “ANC se konsep van nasie” geskryf en bevind dat Joe Slovo die kern daarvan verwoord het toe hy gesê het:

“Suid Afrika is nie ‘n veelrassige land nie: dis ‘n nasie-in-wording… Ons weet baie goed wat ‘veelvolkery’ beteken. Dis ‘n uitgeslape manier om nasionale heerskappy te behou… Ons kan geen uitgebreide of berekende voorstelle aanvaar wat ‘n ‘veelvolkige’ raamwerk in stand hou en wat ‘n verbrokkelde nasionale identiteit en daarmee saam wit rassisme, beskerm nie” (M. Van Diepen, 1988, p. 148).

In sy liedjie oor Koos de la Rey, geskryf deur Sean Else, het Bok van Blerk gesing:

Want my vrou en my kind
lê in ‘n kamp en vergaan,
en die Kakies se murg loop oor
‘n nasie wat weer op sal staan.

Om dit na die hede te transponeer, kon hy net sowel gesing het:

Want my vrou en my kind
lê tuis in angs en vergaan,
en die kommunis se murg loop oor
‘n nasie wat weer op sal staan.

Nie net die kommunistiese revolusionêr nie, maar ook sy handlanger, die grootkapitalis wat in radikalisme en revolusie ‘n manier sien om deur korrupsie en die koop van mag en invloed sy rykdom te vergroot, is ons vyand. Alles wat die Afrikaner geskep en ontwikkel het, soos Eskom, Telkom, Sasol, Transnet, die poskantoor, die munisipaliteite, om nie van die boere se grond te vergeet nie, sal nog op ‘n groot bankrotveiling verkoop word. Grootkapitaliste lek reeds hul lippe daarvoor af.
Daarom lei die Afrikaner se bankrotdenke onvermydelik tot sy finansiële en maatskaplike bankrotskap.

Onlangs lees ek in Rapport oor die huidige “studenteopstand” by Wits wat binne die verband van Suid-Afrika se “klassestryd” deur ene Claudi Malovich ontleed word (“Die anatomie van studenteprotes: Wat die Wits-protes oor ons samelewing sê”). Dis byna lagwekkend! Die spook van Karl Marx en sy volgelinge preek nou vir ons vanuit die “konserwatiewe” N.P. se eertydse koerant en Sondagmondstuk.

Plus ça change, plus ça reste la même chose, soos die Franse sê. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Ek verstout my om te sê dat dieselfde groepering of dampkring wat vir die Anglo-Boereoorlog verantwoordelik was – ‘n paar grootkapitaliste in Londen en Johannesburg, asook Kaapse politici – vandag steeds poog om Afrikaans en, soos Joseph Chamberlain dit gestel het, “die laaste oorblyfsels van Afrikanerisme in Suid-Afrika uit te roei”.

Internasionaal heers daar ‘n bedreiging vir alle blankes en ons sou dom wees om dit heeltemal te ignoreer. Maar in Suid-Afrika moet ons veral nie wit nasionaliste wees nie, want dit sal ons verhoed om “die mag agter die troon” raak te sien. Die swartman as sodanig is nie ons vyand nie; sedert die Voortrekkers se dae werk ons met bepaalde swart stamme saam, sluit ooreenkomste met hulle en verskaf bepaalde dienste en ontwikkelingshulp aan hulle in ruil vir hul goedgesindheid en neutraliteit in die groter stryd om beheer oor Suid-Afrika wat al 200 jaar of langer woed.

Nie net is die Afrikaner tans te swak om enige voordeel vir ‘n ander groep te hê nie, maar FW en Roelf Meyer het ook ons laaste oorblywende swart bondgenote in die vroeë negentigerjare in die rug gesteek. Geen selfrespekterende swart leier sal ooit weer ‘n Afrikaner vertrou nie, danksy die optrede van sogenaamde “Afrikanerleiers” in die onlangse verlede.

Wat Koos Kombuis uiteindelik bepleit, is ‘n Fukuyama-agtige “einde van die geskiedenis”. Hy hoop dat die geskiedenis in 1994 geëindig het en dat ons vyande almal soos mis voor die son verdwyn het. Daarom bestaan daar nou die moontlikheid van ewigdurende samesyn in ‘n “nie-rassige utopie”. Suid-Afrika is egter tans meer rasbewus as ooit onder sogenaamde “apartheid”.

Die hoofkarakter in James Joyce roman Ulysses sê ook iewers aan die begin, verwysende na Ierland: “Die geskiedenis is ‘n nagmerrie waaruit ek graag sou wou ontwaak.” Oral waar Engelse bedrywig was, het hulle sulke “nagmerries” geskep.

Ongelukkig vir Koos Kombuis en baie ander Afrikaners wat gedink het dat die geskiedenis of die stryd nou tot stilstand gekom het, of dat die nagmerrie daarvan “opgehou” het, is so iets onmoontlik. Paul Kruger het die ontdekking van goud in die Transvaal as ‘n vloek beskou, want hy het besef dat dit afguns en konflik sou veroorsaak.

Net so het Afrikanerregering in die twintigste eeu rykdom en welvaart geskep, wat verdere afguns en gierigheid veroorsaak het. Slegs wanneer die laaste Afrikanerbate ingepalm is, sal die konflik ophou, indien ooit. Want solank as wat ons oor die vermoë beskik om steeds die Afrikaanse taal en kultuur te bedryf, tesame met voortreflike skole en kampusse, sal daardie jaloesie oor ons aangewakker raak, al oorhandig ons elke ander ding wat ons besit, elke huis, plaas of voertuig. Selfs al gaan die hele Suid-Afrika tot niet en poog ons agterna om dit weer te herbou, sal dit vyandskap en nydigheid ontlok; lees maar Joseph Conrad se grootste roman, Nostromo, oor ‘n fiktiewe Suid-Amerikaanse kolonie waar ‘n Britse erfgenaam probeer om ‘n silwermyn weer aan die gang te kry.

Ongelukkig is ons in ‘n alles-of-niks-stryd vasgevang. Óf ons gaan heeltemal ten gronde, óf ons doen iets daaraan en begin opstaan soos ons voorouers soveel male vantevore gedoen het.

Steve Hofmeyr het nog nooit “alle swartmense voor die voet af(ge)maak as minderwaardige halfmense” nie. Net so is dit wensdenkery om te dink dat die Afrikaner se legio vyande, noudat hulle die hef in die hand het, gaan ophou om ons te kasty. Inteendeel, “ons” onkunde en apatie maak die roofdierinstink in hulle wakker en lei tot die tipe magswanbalans en oorheersing wat die Suid-Afrikaanse demokratuur tans kenmerk.

Anders as in jou Stockholmsindroomlogika, Koos, is dit nie Steve wat die toenemende revolusionêre klimaat aanhits nie, maar jy en ander wat nie die werklikheid van ons geskiedenis en die land se etniese en talige dinamiek in die oë wil kyk nie. Een of ander tyd word elke lekkergeloof of drogredenasie egter aan die toets van die werklikheid onderwerp. Die pessimistiese toon van jou rubriek sê reeds vir my dat die “reënboogteorie”, wat ‘n tydelike foefie van die vyand was – terwyl hy besig was om die weermagmagasyne en die polisiestasies oor te neem – aan skerwe lê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Kalium_Chloraat

    Koos Kombuis sing in sy 16 Jaar liedjie: “Die toekoms was verseker in ‘n daggablaar” Koos se denke is bankrot weens al daai daggablare. Ek sal my nie aan hom steur nie.

  • boerseun

    Bravo!

  • Johan

    Die ANC en sy geldmag het, na my mening, ‘n paar groot denkfoute gemaak wat werklikheidsvreemd is.
    Die eerste groot fout raak die Afrikaner – hy het sy vermoë om oor die Afrikaner te regeer oorskat en die probleme om oor die Afrikaner te heers onderskat.
    Die tweede een is dat hy gewerk het op die aanname dat swartes ‘n eenheid is en dat hy hieruit sy mag kan ontleen.
    Die derde groot fout is dat hulle so onbekwaam en onnosel was en is, dat dit gelei het tot die idee dat hulle enigiets kan doen wat die Westerling en spesifiek die Afrikaner kan doen – net so goed of selfs beter. Afrika-kultuur is nie gelyk aan Westerse kultuur.
    Die vierde fout is, met apologie aan Gustav Venter, die kom ploeg op die Afrikaner se akker sonder om te begryp dat daar ploegbrekers in die landery is.
    Karakter is bestemming – ‘n Griekse denker. Wat is die karakter van die ANC en na watter bestemming lei dit?

  • Rooikop

    Dankie Dr Dan. Weereens stof tot nadenke – hiermee so ‘n paar stukkies kommentaar:
    “My liewe hemel, het die Afrikaner in 1994 dan niks geweet nie?” – Hulle het niks geweet nie. Ek is bevrees die isolasie van apartheid het hiervoor gesorg. Ons mense het net op geld en plesier (lees hier sport) gekonsentreer. Deelname aan die olimpiese spele, internasionale rugby en krieket was veel meer belangrik as die langtermyn voortleef van ons volk. Die mense was te onnosel om die langtermyn gevolge te verstaan waarmee hulle besig was. Verder as jy iemand sou waarsku, dan was jy (natuurlik met die hulp van narpers se indoktrinasie, die kerk se breinspoeling wat lyk my nou volvoer is, absolute gehoorsaamheid geleer in die weermag en verkondig in die skole) uitgekryt as “VERKRAMP” – uitgemaak as ‘n suur ou man met sy oom paul baard wat van ‘n perd afvoeter.

    Wat vir my egter baie vreemd is, is dat juis in die laat 70s daar op laerskool onderwysers was wat nou juis gewaarsku het teen die “rooi gevaar”, die gevare van “popmusiek” ens. Die een aanhaling wat altyd by my bybly is dat “die kommuniste gesê het hulle sal oorneem sonder slag of stoot”. Hierdie het gebeur! Tog was dit juis hierdie mense wat so agter die NP en kerk se verleiding aangeloop het en nie gesien het wat aangaan nie! Het hulle dan nie verstaan wat hulle vir ons as kinders vertel het nie? (O.a. was daar van die Verwoerdburg se raadslede, generaals, brigadiers, en selfs minister voetewas se kinders saam met my op skool). Die hele laerskool was een enorme pro-NP breinspoeling gewees. Hoe het die mense nie gesien wat aan die gang is nie? Hulle HET NIKS GEWEET NIE.

    “Internasionaal heers daar ‘n bedreiging vir alle blankes en ons sou dom wees om dit heeltemal te ignoreer” – hierdie selfde prentjie wat ek oor my laerskoolervaring geskets het speel wêreldwyd af. Was ons ‘n proeflopie? Die Afrikaner het in die pad gestaan van die “groot kapitaliste” wat totale oorheersing soek in hulle eie soeke na geldversameling. So ook ander nasionalistiesgedrewe beskouiings. Vir die res van die wêreld (in elk geval Europa) was WO2 suksesvol om nasietrots te demoniseer, Die Amerikas en Suid Afrika was nog oor en dit moes nou juis ook val

    Wat egter vir my verskriklik vreemd is en wat ek sukkel om te verstaan is hoedat die bakermat van kommunisme, Rusland, so ‘n ommeswaai gemaak het. Hierdie land is seker vandag een van die mees nasietrots gedrewe gebiede in die wêreld met ‘n leier wat geen doekies omdraai oor sy trots vir sy nasie nie. Is hierdie oëverblindery of ‘n stok in die speke van hierdie “eenmakingspoging”?

  • Karel Combrinck

    “My liewe hemel, het die Afrikaner in 1994 dan niks geweet nie? Het hy nie Solsjinitsin gelees, of selfs Arthur Koestler of Albert Camus oor die “Rooi Kerk” nie?” Gelees? Gelees? Hoeveel Afrikaners het al gehoor van Solsjinitsin, of Koestler of Camus? Laat staan nog lees. En dan, weet “die Afrikaner” nou juis veel meer as in 1994? En lees hy juis nou meer?

    • eduard

      Omtrent veertig jaar gelede, as ‘n mens die geldmag en die Rotskilde of Illuminatie net genoem het, dan was jy maar skeef aangekyk. Die jood se hef aan die hand van alle aspekte soos die hoofstroom media, Hollywood ens., was afgemaak as twak. Die Protokolle het die rondte gedoen maar was ongewenste leesstof. Die jood was tog immers die “uitverkorenes”. Selfs vandag is daar die sulkes wat so in die jode se agterent ingekruip is dat net sy voete uitsteek. Karel, jy is reg, die Afrikaner het niks geweet nie en wou ook niks weet nie. Hy was in sy kokon toegespin van die “goeie” invloed soos die NG Kerk en NP propaganda.

  • Hans Onrust

    Hieronder een kritiek van de Joodse Arno Lustiger(grappiger) vanuit een soort ‘Duitse ADL’ (anti defamation league) aan het adres van Alexander Soltzjenitsyn.

    http://www.berliner-zeitung.de/archiv/alexander-solschenizyn-versucht-sich-an-der-geschichte-der-juden-in-der-sowjetunion-reue-waere-der-sauberste-weg,10810590,10120564.html

    Elders kreeg Lustiger, die zijn naam in zekere zin eer aan doet, vaker een groot podium om zijn ontstemming/teleurstelling/verontwaardiging te uiten over het feit dat Alexander S. te vaak Joodse Bolsjewisten had genoemd t.o.v. niet-Joodse ‘toppers’ in de SU. Dat is ook èèn van velen non-argumenten gebleken.

    Voor dit moment nu als het niet ontrieft 2 punten gelicht uit zijn gammele artikel uit de Berliner Zeitung uit 2003 :

    – “Die 17-seitige Einführung, mit fast einhundert Zitaten meist jüdischer Autoren, ist der Frage gewidmet, wer Jude ist. Einer von ihnen, E. Norden, ist der Meinung, dass die einzig mögliche Vorgehensweise sei, jene als Juden anzusehen, “die sich als Juden betrachten”. Hätte sich der Autor an diese Definition gehalten, dann hätte er sich die Hälfte seines Buches sparen können. Denn nicht nur übergeht er die Tatsache, dass es nicht Juden waren, die Revolution und Marxismus nach Russland importierten – es waren Plechanow, Krapotkin, Struve und Lenin, alles geborene Christen, die das revolutionäre Geschehen organisiert haben.”

    Hiermee wordt voorbijgegaan aan het feit dat ‘Joods’ een ras is !?!?
    Het is toch o.m. Bibi N. de tegenwoordige premier van Israel, die beweerde dat de stichting van de staat Israel heeft voorkomen dat het “Joodse ras” zou zijn uitgemoord.

    – “Kann man aber ein Volk oder einzelne Menschen von der Geburt bis zum Tode für die Taten anderer verantwortlich machen?”

    Nouuuu, in het geval van de Holocaust, die door een corrupte frauduleuze kwaadaardige liegende egoïstische psychopatische racistische bende wordt ge- en bedreven, kan dat zelfs al tot in de 3e generatie Duitsers, en via hen de andere volken in Europa en meer, zonder uitzicht op lucht voor de hele mensheid ?!?!

  • jan

    Koos skryf net soos breinsifilis afgot Nietzche van die “Verskriklike leegheid” van Godverlatenheid.
    Wat is geestelike bankrotskap dan iets anders as leegheid?

    ThysH en Henskst en die OGOTTERS is volkome leeg [vakuum] en aanbid die dood van die afgode van die verlede soos hul idool Nero maar intussen glo hulle skisofrenies in evolusie wat ons toekoms sal bepaal.

    Hulle glo in die dood saam met die wetenskap van die toekoms. Terminaal heldom Sataniste.

    En die ander afgotte van die macho mans Baal en Ateistiese Marxiste van die Bolchiviste aanbid hulself waaroor daar duisende boeke verskyn het soos deur Carl Jung en veral ‘The Power of Positive Thinking’ Norman V Peal en ‘Thriving on Chaos’ Tom Peters… te veel om te noem.

    Pleks van geestelike skatte versamel is ons nou bankrot ja en Islam is besig om oor te vat soos roofdiere op die karkas van Westerse Christen beskawing.

    So mi is ons midde in ‘n geestelike devolusie en sielkundige uitwissing pleks van evolusie en ontwikkeling.
    Mens soek en kry nie die regte antwoorde op die verkeerde plekke nie
    Hosea het presies dit alles reeds beskryf – naamlik geestelike hoerery.
    Putin het dit herontdek / ontsnap en by ons slegs Christen Orania wat ons evolusionêr besig hou met die toekoms tuiste van ons Volkie se kinders

    • Hans Onrust

      Goedemorgen Jan.

      “Pleks van geestelike skatte versamel is ons nou bankrot ja en Islam is besig om oor te vat soos roofdiere op die karkas van Westerse Christen beskawing.”
      Zo waar !

      “One of the peculiar sins of the twentieth century which we’ve developed to a very high level is the sin of credulity. It has been said that when human beings stop believing in God they believe in nothing. The truth is much worse: they believe in anything.”
      Malcolm Muggeridge (‘Winter in Moskau’ over de Holodomor in 1932 1933, was aanvankelijk als communistische atheïstische ‘journalist’ ter plekke maar vond later Jezus, de Zoon van God, op zijn weg)

    • henkst

      Brakenjan, lees wat skryf jou vriend Koos Kombuis.
      “As daar ‘n God is – en dis op sigself ‘n onmoontlik retoriese veronderstelling, want God laat hom nie definieer nie – verkies hy sekerlik ateïste bo godsdienstige mense, want ateïste het nie vooropgestelde idees oor hom nie, en God, so vermoed ek al lankal, haat dit as mense na hom toe kom met vooropgestelde idees.”

      • jan

        Ja Henkst
        Lees wat met Isebel gebeur het die godin van Baal
        Sy is deur die honde opgevreet dat sleg haar hande voete en skedel oorgebly het.
        Dit gebeur altyd.
        Koos weeklaag omdat hy weet waarvan hy praat – en jy / julle weet nie eers nie.
        ‘Vooropgestelde idees’ is wat NIE in die Bybel staan nie.

        • henkst

          Prof. Israel Finkelstein – van die Universiteit van Tel Aviv – meen Dawid en Salomo het óf glad nie bestaan nie óf was hoogstens die leiers van ’n swerwende rowerbende oor wie die verhale later (soos by koning Arthur of Robin Hood) aangedik is.
          Lees:- The Bible Unearthed By Israel Finkelstein and Neil Asher Silberman

  • Karel Combrinck

    Ek hou van “demokratuur”: Die diktatuur van die outomatiese meerderheid. Die demokrasie is regering deur die mense, die volk. Hier by ons gaan dit nie om regering deur die volk nie, maar om regering deur ‘n bepaalde ras. Demokrasie is nie vir situasies soos die in Suid-Afrika ontwerp nie. Selfs in ‘n land soos Amerika werk dit nie heeltemal nie, wat hoewel swartes daar ‘n minderheid uitmaak, is daar nog steeds genoeg van hulle om ‘n verkiesing na die een of ander kant te beslis. Waar is dan die sg regering deur die volk as ‘n klein minderheid van die volk kan bepaal wie die president gaan wees.