Die Gelofte (Studiestuk opgestel deur die Navorsingsafdeling van die Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting)

2

1. Verantwoording

In die bestudering van die Groot Trek – en spesifiek die Gelofte en Slag van Bloedrivier – is daar maar enkele oorspronklike bronne beskikbaar wat die navorser met vrug en redelike vertroue kan gebruik.1 Die belangrikste is die verslag van J.G. Bantjes wat in Junie 1839 in De Zuid-Afrikaan gepubliseer is. Bantjes was hoofkommandant A.W.J. Pretorius se sekretaris tydens die veldtog en dit was sy taak om noukeurig van al die gebeure verslag te doen. Verder is daar ‘n brief wat Andries Pretorius geskryf het waarin hy die gebeure weergee. Dit is gerig aan J.N. Boshoff op Graaff-Reinet (22 Desember 1838) en is vanuit Dingane se stad geskryf. Dié brief is in Februarie 1839 in De Zuid-Afrikaan gepubliseer. Oberholzer en Spies wys daarop dat hierdie bronne die belangrikste is, aangesien dit geskryf is toe die gebeure nog vars in die geheue was.2 Verder is daar ook ‘n brief van Sarel Cilliers wat op 4 Februarie 1866 aan ds H. van Broekhuizen van Winburg geskryf is en die Journaal van Sarel Cilliers wat in 1876 deur Hofstede in sy boek, De Geschiedenis van den Oranje-Vrijstaat, gepubliseer is. 3

Ander bronne is die ongeveer 35 herinneringskrifte van Voortrekkers waarvan 24 in 1894 deur G.A. Odé, geskiedskrywer van die Zuid-Afrikaansche Republiek, opgeteken is.4  Oberholzer wys tereg daarop dat hierdie bronne met omsigtigheid gehanteer moet word, aangesien dit bykans 56 jaar ná die gebeure geboekstaaf is toe die betrokke Voortrekkers reeds bejaard was. 5Tussen 1918 en 1925 het Gustav Preller se reeks Voortrekkermense verskyn, waarin sekere herinneringskrifte opgeneem is.

In die lig hiervan het daar jare lank vrae om sekere kwessies bly hang, soos die getal persone wat aan die Groot Trek deelgeneem het, by wie die idee oor ‘n Gelofte ontstaan het, die bewoording van die Gelofte, presies waar en wanneer die Gelofte afgelê is, en dies meer. Van hierdie vraagstukke word in die onderhawige studiestuk aangespreek.

2. Kort historiese agtergrond

Bronne oor die Groot Trek is skaars en beperk, met die gevolg dat daar nog baie vrae oor sekere kwessies hang, soos die aantal persone wat aan die Groot Trek deelgeneem het. Na jarelange navorsing het Visagie onlangs tot die gevolgtrekking gekom dat ongeveer 15,000 blanke persone (ongeveer 2,308 gesinne) tussen 1835 en 1845 na die binneland verhuis het. As daar aanvaar word dat elke gesin deur minstens een of twee bediendes vergesel is, stel hy die getal siele op die Groot Trek op minstens 20,000.6

Baie van hierdie Voortrekkers wat in die vroeë en middel 19de eeu die Britsbeheerde Kaapkolonie verlaat het om hul eie regering in die binneland te vestig, het Natal as bestemming gekies. Hulle leier, Piet Retief, het grondonderhandelinge met die Zulukoning Dingane aangeknoop, maar op 6 Februarie 1838 is Retief en sy hele geselskap op bevel van koning Dingane by sy hoofstad, Mgungundlovu, gedood. Tydens opvolgaanvalle deur die Zulumagte sterf honderde Voortrekkers en hulle bediendes op 17 Februarie 1838 by Bloukrans, naamlik ongeveer 281 Voortrekkers (40 mans, 56 vrouens, 185 kinders) en meer as 200 bediendes.7 Duisende stuks vee is ook deur die Zulus weggevoer.8

Andries Pretorius het in November 1838 in Natal aangekom en is as nuwe leier van die Voortrekkers aangewys. Met ‘n kommando van ongeveer 464 Voortrekkermans en 64 waens het Pretorius teen Dingane opgetrek. Volgens J.G. Bantjes, Pretorius se sekretaris, was dit die kommando se oogmerk … om wraak te nemen, wegens den wreedaardigste en onmenslikste moord van het gewezen Hoofd der Uitgewekenen, Pieter Retief en zyne zestig med-gezellen, en de daarop volgende onmenselike slagting, van mannen, vrouwen en kinderen, gepleegd door Dingaan, en zyn volk; − alsmede ter herovering der goederen en bezittingen, by die gelegenheid door hen geroofd.9 Daar kan vandag met redelike sekerheid aanvaar word dat die Gelofte by Waschbank afgelê is en nie by Danskraal soos voorheen gereken is nie.10 Daar, vanaf 9 Desember tot die aand van 15 Desember 1838 het die Voortrekkers elke aand ‘n gelofte afgelê,11 waarvolgens hulle onderneem het dat as God hulle ‘n oorwinning oor die Zulumag gee, hulle die oorwinningsdag as ‘n sabbat sou gedenk en ‘n kerk in Sy naam sou oprig.

Die laer is op ‘n strategiese plek op die oewer van die Ncomerivier getrek. Die aanval deur ongeveer 15,000 tot 20,000 Zulus het op Sondag, 16 Desember plaasgevind. Die Zulumag kon egter nie daarin slaag om die laer te oorweldig nie en het begin terugval. Hierop het Pretorius dadelik ‘n berede mag uitgestuur. Baie Zulukrygers is gedood terwyl hulle die rivier probeer oorsteek het – vandaar die benaming Bloedrivier. Ferdinand van Gass wat aan die Slag deelgeneem het, herinner hom dat daar plekke was waar die Zululyke só hoog gestapel gelê het, dat hulle gelyk met die wal van die rivier was: ‘n Paar dagen na die slag ben ik enige mijlen onderkant waar ons lager stond de rivier doorgegaan. En toen was het nog alsof ‘t water geheel bloed was… En daarvandaan ook de naam van Bloedrivier.12 Volgens Andries Pretorius het 3,000 “en eenige honderden” Zulukrygers omgekom.13 Slegs drie Voortrekkers, waaronder Pretorius self, is gewond.

Op 23 Desember 1838 het Pretorius en sy kommando Mgungundlovu verlate en afgebrand aangetref. Pretorius skryf dat Dingane die stad op 22 Desember aan die brand gesteek het. Op die koppie Kwa Matiwane daar naby, het die Trekkers die oorskot van Piet Retief en sy manskappe gevind. In Retief se bladsak was die traktaat wat hy, die Zulukoning en getuies onderteken het. Hiervolgens het Dingane amptelik ‘n sekere stuk Natalse grondgebied aan die Voortrekkers oorgedra.14 Pretorius skryf:

… hetgeen my zeer zonderling voorkomt, is, dat van de papieren en documenten die de overledene Hr. Retief by zich had, en die wy ook daar vonden in zyn valies, slechts de buitenste beschadigd zyn geworden; de binneste, zoo ook het geschrift van Dingaan onderteekend, zyn nog zoo goed als of zy heden geschreven waren. Ik sluit u daarvan eene copy in. 15

In hierdie verband skryf Sarel Cilliers oor die dokumente in Retief se bladsak:

… hij had … een leder zak om een Schouder, die hij nog aanhad daar hij zijne papieren had, en ook de onderhandelingstraktaat van de heer Retief met Dingaan, de Omschrijving van het grond, het was voor ons allen wonderbaar dat de ligchamen die aldaar zoo lang gelegen heb, en dat de papieren zoo onverderffelijk en nog zoo schoon was … 16

Die Voortrekkers se onderneming teenoor God, naamlik dat hulle ‘n kerk sou bou, is in 1841 nagekom, met die inwyding van die Geloftekerk op Pietermaritzburg.17

3. Die oorsprong van die Gelofte

Die woord “gelofte” beteken ‘n plegtige belofte waarby ‘n mens jou vrywillig teenoor God of ‘n hoër mag verbind om iets te doen of iets te laat; by baie volke ‘n besondere vorm van gebed, bv. in tyd van nood of wanneer ‘n vurige wens gekoester word. Voorbeelde in die Ou Testament: Genesis 28:20-22, Rigters 11:30, 31; I Samuel 1:11, Psalm 132:2-5, Numeri 6.18

Ds. Wilhelmus à Brakel se boek, Redelijke Godsdienst, is een van die godsdienstige boeke wat beslis op die trekpad was en deur Andries Pretorius, Sarel Cilliers, en ander Trekkers gelees is.19 Hierdie boek het in 1700 verskyn, is twintig keer in
die 18de eeu herdruk en in die 19de eeu wyd versprei. 20 Daarin word die aflê van geloftes as deel van die Christelike lewe beskou en word verduidelik wat die voorwaardes van die aflê van ‘n gelofte teenoor God is. Binne die raamwerk van die genadeverbond is ruimte vir die gelowige om homself deur ‘n gelofte aan God te verbind. Ds. À Brakel stel dit duidelik dat kinders van gelowige ouers by die genadeverbond ingesluit is. 21

Voorskrifte van À Brakel: ‘n Gelofte is altyd ‘n verbintenis aan God; dit moet oor ‘n spesifieke saak handel wat nie bokant die persoon se vermoë is om dit na te kom nie. Die skrywer beklemtoon dit dat ‘n persoon baie versigtig moet wees om geloftes af te lê. Sarel Cilliers se aanvanklike besware teen die aflê daarvan stem ooreen met wat À Brakel daaroor sê: Dit kan nie ligtelik geskied nie en jy moet seker wees dat dit nagekom kan word. Dieselfde aanhaling wat Cilliers gebruik, kom in À Brakel voor, naamlik: Psalm 76:12: Doet geloften en betaald se den Heere uwen God.22

Die dankbaarheidsaspek moet altyd die beweegrede wees: Psalm 50:14: Offert God dank, en betaalt den Allerhoogste uwe geloften. Volgens À Brakel doen ‘n gelowige persoon ‘n gelofte om homself opnuut aan God te wy of om Gods hulp in ‘n noodsituasie in te roep. Daarom was dit vir die gelowige kommandolede van Andries Pretorius vanselfsprekend om hulle tot God te wend en die geveg in afhanklikheid van Hom aan te pak.
23  Die Voortrekkers se Gelofte is dus hoogs waarskynlik op die voorskrifte van À Brakel se godsdienstige handleiding geskoei en is nie lukraak gedoen nie. Die dankbaarheidsaspek word beklemtoon, deurdat die Voortrekkers die aand van 16 Desember ‘n dankdiens vir die Here gehou het: … de avond hadden wij tezamen eene dankbetuiging, voor zijne groote hulp en verlossing aan ons bewezen.24

Volgens De Villiers is die maak van die Gelofte deur die Trekkers ongetwyfeld deur Bybelse voorbeelde geïnspireer.25 Bybelse figure wat geloftes aan God afgelê het, was byvoorbeeld Jakob (Gen. 28:20); Israel (Num. 21:2); Jefta (Rigters 11:30); Hanna (1 Sam. 1:11); Absalom (2 Sam. 15:7) en Dawid (Ps. 22:26; 66:13).

Dit is algemeen bekend dat die Voortrekkers ‘n Bybelsentriese lewenswyse gevolg het – hulle het die Bybel, veral die Ou Testament, goed geken en hulle geïdentifiseer met die Israeliete wat uit Egipte na die beloofde land getrek het.

Die uittog was in wese ‘n geloofsdaad wat op ‘n ware lydingsgeskiedenis uitgeloop het – parallel aan Israel se lang omswerwinge en beproewings voor hulle Kanaän binnegetrek het. Die geloof en vertroue in ‘n reddende en behoedende Hemelse Vader was die vaste burg teen gevare, wanhoop, twyfel en murmerering.26

Op Sondag, 2 Desember het die laer nog langs die Tugelarivier gestaan en daar het Sarel Cilliers juis ‘n gedeelte oor Josua uit die Bybel voorgelees. Na die dood van Moses is Josua geroep om die volk na die beloofde land te lei. Dit blyk dat Pretorius na die diens die gedagte van ‘n gelofte in Cilliers se midde gelê het:

… en na deze Godsdienst (aan de Tugela Rivier) sprak onze Generaal met my er over dat het in zijn hart was om ook aan de Heer onze God plegtig een belofte te doen…27

Cilliers was huiwerig om tot so ‘n gewigtige stap oor te gaan:

… ik vond my er over diep bezwaard, en zij tot hem (Pretorius): mijn heer, ik bevind mij er onder bezwaard dat wij die dag zal vergeten, en ook zal verwaarlozen, en dat te toorn des Heeren dan tegen ons zal ontbranden.28

Cilliers het uiteindelik ingestem tot die aflegging van ‘n gelofte, op voorwaarde dat elke kommandolid in die saak geken moes word.29

Op Saterdag 8 Desember het die kommando oor die Sondagsrivier getrek tot by ‘n rivier wat deur die lede van Uys en Potgieter se kommando die Blyderivier genoem is, maar later Wasbankrivier genoem is en vandag as die Kliprivier bekend staan. Dit was op Sondag 9 Desember dat Pretorius sy voorneme om ‘n gelofte te laat aflê, aan al die kommandolede bekend gemaak het.30

Bantjes het aangeteken dat daar algemene eenstemmigheid onder die manne oor die aflê van ‘n gelofte was. Cilliers het Ps. 38, vers 12 en 16 laat sing en daarna die godsdiensoefening gelei op grond van Rigters 6. Daarna is die Gelofte afgelê en weer gesing uit Ps. 38, vers 12 en 21. So is die Gelofte na 9 Desember elke aand herhaal, tot met die aand van 15 Desember 1838.31

4. Bewoording van die Gelofte

Daar bestaan drie weergawes van die Gelofte wat eers jare later op grond van herinneringe op skrif gestel is. In 1876 is H.J. Hofstede se boek, De Geschiedenis van den Oranje-Vrijstaat gepubliseer. Sarel Cilliers se herinneringe (Journaal) is daarin opgeneem, asook die bewoording van die Gelofte soos Cilliers dit op sy oudag in herinnering kon roep. Die tweede weergawe van die Gelofte is deur F. Lion Cachet in De Worstelstrijd der Transvalers (1882) gepubliseer. Hy het Hofstede se teks effens aangepas en ook taalkundige veranderings aangebring. Die derde weergawe van die Gelofte is deur G.B.A. Gerdener in Sarel Cilliers, die Vader van Dingaansdag (1919) gepubliseer. Gerdener het sy taalkundige veranderinge, weglatings en byvoegings gemotiveer en sy weergawe word tans redelik algemeen aanvaar.32

(Sien Bylaag 2). Die volgende weergawe word deesdae gewoonlik met Geloftefeeste gebruik:

DIE GELOFTE

My broeders en mede-landgenote,
hier staan ons voor die heilige God van hemel en aarde
om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm
en ons vyand in ons hand gee, ons die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag,
soos ‘n sabbat sal deurbring; en dat ons ‘n huis tot sy eer sal oprigwaar dit Hom behaag; en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle
met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte;
want die eer van sy Naam sal verheerlik word
deur die roem en eer van die oorwinning
aan Hom te gee.

Andries Pretorius het in sy brief gedateer 23 Desember 1838 só na die Gelofte verwys:

Verder moet ik u melden, dat wy besloten hebben om den dag onzer overwinning, zynde Zondag den 16 December, onder ons gansche geslacht te doen bekend worden, en dat wy het aan den Heer willen toewyden en vieren met dankzeggingen, zoo als wy, voor dat wy tegen den vyand streden, in het openbaar beloofd hebben, zoo ook, dat zoo wy de overwinning verkregen mogen, wy den Heere tot zyns naams gedachtenis een huis stichten zullen, alwaar Hy ons zulks aanwyzen zal; welke geloften wy nu hopen te betalen met de hulp des Heeren, nu Hy ons gezegend en onze gebeden verhoord heeft.33

5. Die aard en wese van Geloftedagvieringe

Die eerste paar jaar na 16 Desember 1838 is dié dag wel herdenk, maar in gesinsverband. Daar was nie amptelike verrigtinge nie, gesien in die lig van die feit dat dit pioniersjare was en die bevolking wyd verspreid oor die land gewoon het.34

Eerwaarde Erasmus Smit wat die Groot Trek meegemaak en jare lank in die Voortrekkers se geestelike behoeftes voorsien het, het die Gelofte herdenk as emeritus-leraar in Pietermaritzburg. Die vroegste bewys daarvan is ‘n uitnodiging wat hy in De Natalier van 13 Desember 1844 geplaas het. Hy het naamlik alle belangstellendes na sy huis uitgenooi om op Sondag 15 Desember die oorwinning van 16 Desember 1838 te herdenk – ‘n instelling wat hy daarna jaarliks nagekom het.35

Sarel Cilliers het die Gelofte sedert 1838 getrou aan sy huis herdenk en dié dag as ‘n Sabbat deurgebring met Skriflesing, samesang en gebed.36 Tog is dit opvallend dat die Gelofte klaarblyklik jare lank verwaarloos is. Swart wys daarop dat dit verklaar kan word (maar nie verskoon kan word nie) op grond van die feit dat tye onseker was; armoede het geheers; groot getalle van die bevolking was nog swerwend; broedertwis was aan die orde van die dag en daar was ‘n gebrek aan sterk nasionale besef.37

Met die uiteindelike vestiging in die binneland het die N.G. Kerk van Natal op 20 Oktober 1864 op sy Algemene Jaarvergadering besluit om 16 Desember voortaan kerklik as ‘n dankdag te vier. Die eerste groot georganiseerde Geloftefees is daardie jaar by Bloedrivier gehou onder leiding van ds. F.L. Cachet en dié dag is daarna gereeld in Natal gevier.38 In Transvaal het die Uitvoerende Raad van die Volksraad in 1865 besluit om 16 Desember elke jaar tot ‘n openbare vakansiedag te verklaar.39 In 1866 het Cachet weer die verrigtinge by Bloedrivier gelei. Terwyl die aanwesiges ‘n klipstapel gepak het, het honderde Zulu’s toegekyk en een van hulle, wat self aan die geveg by Bloedrivier deelgeneem het, het later help klippe aandra toe aan hom vertel is wat die betekenis van die verrigtinge is.40 Cachet het deur middel van ‘n tolk vir die aanwesige Zulus gepreek. Hy het vertel dat hy die oggend ‘n boodskap van die Zulukoning, Cetshwayo (c. 1826-1884), gekry het waarin die koning verklaar het dat hy bly was dat ‘n predikant op die plek kom kerk hou het. Cachet het Cetshwayo laat weet dat ‘n gedenkteken met die naam “Vrede” op die plek van die Slag opgerig sou word en dat harmonie hopelik voortaan tussen die Zuluvolk en blanke Natallers sou heers.41

Wat die Oranje-Vrystaat betref, het die Vrystaatse Nederduits Gereformeerde Kerk in 1885 ook besluit om die herdenking van die Gelofte by sy lidmate aan te beveel. Die Kaaplandse Afrikaners het egter nog onverskillig teenoor die herdenking van die Gelofte gestaan.42 Die viering daarvan het eers na 1911 werklik by hulle begin posvat, waarskynlik omdat 16 Desember in 1910 as ‘n landswye openbare vakansiedag verklaar is.43 Na die Tweede Anglo-Boereoorlog is 16 Desember deur die owerheid van Transvaal (17 Julie 1903) tot ‘n openbare vakansiedag verklaar, asook in die Vrystaat (31 Desember 1903).44

Op 12 April 1877 is die Zuid-Afrikaansche Republiek deur sir T. Shepstone in die naam van Brittanje geannekseer. Van 8 tot 14 Desember 1880 is ‘n groot volksfees by Paardekraal naby die huidige Krugersdorp gehou. Die doel daarvan was om die anneksasie te bespreek en die kwessie van moontlike oorlog teen Brittanje. Ongeveer 5000 burgers het spontaan ‘n klipstapel gepak as ‘n vernuwing van die Gelofte van 1838.45 Weilbach en Du Plessis skryf in hierdie verband: Er geschiedde ook iets bijzonders op Paardekraal. De burgers kwamen tot het plan om een soort gedenkteeken aldaar op te richten… tot bewijs, dat men aan elkander trouw gezworen had om te vechten tot den dood toe.46 Op 16 Desember 1880 het die eerste skoot van die Eerste Vryheidsoorlog geknal; ‘n oorlog wat van korte duur was met die Boere wat as oorwinnaars uit die stryd getree het. Vrede is op 21 Maart 1881 gesluit en sedertdien is die Gelofte gereeld herdenk.47 Die term Dingaansdag was nou algemeen in gebruik, hoewel geen amptelike besluit daaroor geneem is nie. Op 1 Januarie 1952 het wetgewing (Wet nr 5 van 1952) van krag geword wat bepaal het dat 16 Desember voortaan in die Unie as Geloftedag sou bekendstaan en alle bedrywighede wat gewoonlik op ‘n Sondag verbied word, sou ook op 16 Desember van toepassing wees.48

Sedert 1883 is begin met ‘n tradisie van gebiedsfeeste – ‘n tradisie wat vandag nog bestaan.49 Baie plattelandse dorpe het hulle eie Geloftefeeskomitees gestig wat deur die jare die herdenking van die Gelofte gereël het. Die feeste is oor die algemeen gekenmerk deur samesang, kooroptredes, volkspele, voordragte, vlaghysings, preke, feesredes, Skriflesing en gebed. As Geloftedagprogramme deur die jare bestudeer word, spreek die Afrikaner se voorliefde vir toesprake duidelik daaruit. As ‘n voorbeeld dien die onthulling van die monument by die Konsentrasiekampkerkhof in Nylstroom wat op 15 Desember 1917 plaasgevind het, met nie minder nie as veertien toesprake en redes!50 Die oggend se verrigtinge het soos volg verloop: Koorsang; gebed; onthulling van die monument met ‘n feesrede deur ds. J.A. van Rooy; samesang; toespraak deur generaal Schalk Burger; toespraak deur senator A.D.W. Wolmarans; koorsang; gesamentlike sang; gebed en kort rede deur ds. M.J. du Preez; toespraak deur kmdt. Marthinus van Staden; kranslegging; kort rede deur mnr. D.P. van Rooyen; dankgebed; gesamentlike sang.

Die middagprogram het só daar uitgesien: koorsang, gebed en kort rede deur ds J.J. Prinsloo; toespraak deur J. Joubert; rede deur kmdt. K. van der Walt; koorsang; toespraak deur P.W. le Roux van Niekerk; rede deur kmdt B.I.J. van Heerden; toespraak deur B.H. Schonken, toespraak deur J. du Plessis; rede en dankgebed deur ds. B. Alheit. Die “Dingaansfees” op Sondagmiddag het bestaan uit koorsang, ‘n Dingaansfeesdiens deur ds. J.A. van Rooy; ‘n rede deur senator A.D.W. Wolmarans; ‘n toespraak deur C.T. van Veyeren; koorsang; ‘n rede deur genl. Schalk Burger, koorsang en ten slotte ‘n sendingdiens deur ds. B. Alheit.51

Soos uit voorgaande afgelei kan word, was ernstige toesprake by volksfeeste van die Afrikaner aan die orde van die dag. Kapp verklaar dit op grond van die feit dat die Afrikaner se volksfeeste op die voorbeeld van die Calvinistiese kerkdiens geskoei is, waar die verkondiging van die Woord sentraal staan.52 Paul Kruger, wat gereeld by die Paardekraalfeeste aan die woord was, was van die oortuiging dat die toespraak op 16 Desember eerstens moes dien om God te loof vir sy “wonderdade” in die verlede aan die volk bewys en tweedens moes die volk vermaan word om Hom te dien en om eensgesind te wees.53 Hy het daarop aangedring dat die toesprake slegs oor godsdiens en die geskiedenis moes handel.54

Talle Geloftefeeskomitees reël tot vandag toe nog feeste wat oor minstens twee dae strek. Op die dag of twee wat Geloftedag voorafgaan, kan feesgangers gewoonlik jukskei speel,55 na vertellinge en tablo’s uit die volk se geskiedenis luister,55 vleis word gebraai,56 volkspele aangebied,57 vlaghysings58 en fakkeloptogte gehou.59

Op 16 Desember 1888 het pres. S.J.P. Kruger die Geloftedagvieringe by Bloedrivier bygewoon. Na afloop daarvan is ‘n vergadering gehou m.b.t. die oprigting van ‘n monument ter ere van Piet Retief en sy burgers. Tydens die vergadering het die president voorgestel dat …een nationaal monument te Pretoria opgerig moet word … en om al de namen er op te doen graveeren, die gevochten hebben en gevallen zijn in de oorlogen tot op den Vrijheidsoorlog.60 Hierdie ideaal van Kruger is eers in 1949 verwesenlik met die inwyding van die Voortrekkermonument in Pretoria. In dieselfde jaar het Thom geskryf dat die Afrikaner wat onvermoeid die Gelofte nakom en dié dag in ere hou, …wortel homself dieper en vaster in eie bodem, en bring tegelyk ook waardige hulde aan die nagedagtenis van ‘n stoere, vrome voorgeslag.61

Daar is baie voorbeelde van Geloftedagfeeste wat deur Afrikaners oorsee gehou is. In 1921 het ‘n groep Afrikaanse studente byvoorbeeld in Duitsland ‘n Dingaansdagviering gehou. Hulle het ‘n saal in Göttingen versier met skilderye van bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, soos J.H. Pierneef en Erich Mayer, foto’s van Paul Kruger, J.B.M. Hertzog en M.T. Steyn en vlae van die ZAR en die Oranje-Vrystaat. Na ‘n tradisionele Suid-Afrikaanse maaltyd het mnr. J.A. du Toit die feesrede gehou; bekende Stellenbosse liedjies is gesing en die verrigtinge is afgesluit met die sing van “Afrikaners, landgenoten”.62

Dit is ongelukkig so dat Geloftedag by tye deur sprekers vir politieke doeleindes misbruik is. Hierdie verskynsel moet bestry word, omdat dit die wesensaard van Geloftedag geweld aandoen. Daar is talle voorbeelde van persone wat hulle deur die jare teen die verpolitisering van Geloftedag uitgespreek het, soos Nolte wat in 1971 daarop gewys het dat Geloftefees nie net ‘n gewone Sondag is nie, maar ‘n godsdienstige fees is en nie … ‘n dag om in die eerste plek allerlei nasionale aspirasies te vertroetel nie.63

6. 1938: Die Voortrekker-eeufeesjaar

Die jaar 1938 is gekenmerk deur landswye feesvieringe en opnuut is die Gelofte van ‘n honderd jaar tevore oral herdenk. Die hoogtepunt van die vieringe was die Simboliese Ossewatrek wat só gereël is dat die ossewaens wat van oral oor die land gekom het, betyds by Monumentkoppie in Pretoria aangekom het vir die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Derduisende feesgangers het die verrigtinge van 13 tot 16 Desember bygewoon. By Bloedrivier het ongeveer 40,000 feesgangers Geloftedag gevier. In sy toespraak het dr. N. Diederichs gesê dat die Afrikaner sal bly voortbestaan solank hy sy deel van die gelofte aan God nakom.
64

Ongekende geesdrif het onder die Afrikaners geheers; baarde is gekweek, Voortrekkerdrag gedra, kampvuurkonserte, toesprake en vertellings deur oudstryders het ‘n nuwe plek in die volkslewe gekry. Voortrekkeraandenkings is oral te koop aangebied. Straatname en skole is herdoop met Voortrekkername en ‘n algemene gees van eensgesindheid en entoesiasme het geheers.65

In 1938 is die Geestelike Eeufeesmonumentefonds (GEM) gestig met die doel om sendingwerk onder die Zulu’s te bevorder. Die Nederduits-Gereformeerde Kerk het in die Veertigerjare ‘n sendingstasie by Dingaanstad aangelê om evangeliste en later leraars op te lei. In 1950 is ‘n kinderhuis ook daar opgerig deur eerwaarde Stander en ds. S.D. Simelane. Stander was ‘n nasaat van Hercules Malan, een van die Voortrekkermans wat saam met Retief in 1838 vermoor is. Om hierdie evangeliese versoening tussen Zulu en Afrikaner te versinnebeeld, is ‘n kerk gebou, ontwerp deur die argitek Paul le Roux en dis op luisterryke wyse in 1969 ingewy. 66 In opdrag van die Dingaanstat-Geloftefeeskommissie is ‘n spesiale Geloftefeesbundel in 1969 uitgegee met ‘n voorwoord deur die toenmalige Staatspresident, mnr. J.J. Fouché, waarin hy skryf:

… ons (lees) in hierdie pragtige daad die wil van die N.G. Kerk onder meer om die lig van die Christelike beskawing na alle volke in Afrika te bring.67

Ongelukkig is die kerk intussen verwoes en is daar vandag net ‘n murasie te sien. Slegs die 23 meter hoë kruis staan nog as bewys van die “pragtige daad”.

7. Versoeningsdag

Volgens Wet nr. 36 van 1994 het die Parlement bekend gemaak dat Geloftedag voortaan as Versoeningsdag sou bekendstaan. Sekere persone en instansies het hulle nie daarmee vereenselwig nie, maar die Gelofte is en word steeds op hierdie dag, soos in die verlede, landswyd tradisioneel gevier. In 2000 het die Geloftefees by Doornfontein byvoorbeeld twee dae lank geduur, met ‘n vlaghysingseremonie, jukskei, toutrek en vleisbraai op 15 Desember en op Geloftedag ‘n toewydingsdiens, samesang, erediens en feesrede. 68 Vertellings oor die Bloedriviergebeure neem steeds ‘n belangrike plek in, afgesien van die tradisionele feesredes en eredienste.
69

8. Slot

Die Gelofte kan nie ongedaan gemaak word nie. Natuurlik kan daar versuim word om dit te onderhou, maar dit bly onwrikbaar staan. Geen volk of enkeling kan sy ondernemings teenoor God kanselleer nie. Dit is in ‘n oomblik van nood afgelê en ‘n volk of persoon is gebind om dit wat teenoor God onderneem is, uit te voer. Gerber beklemtoon dit dat gelowige Afrikaners nooit die gebeure by Bloedrivier gebruik het om die Afrikanervolk te verheerlik nie. Dit het nooit primêr gegaan ook oor die militêre oorwinning wat behaal is nie, maar oor God wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 wonderbaarlik uit die hand van die vyand gered het. Die verkondiging van die Evangelie aan die swart volke van suidelike Afrika dui onweerlegbaar op die goedgesindheid van Afrikaners teenoor hierdie volke. Die Afrikanervolk herdenk dus die Gelofte, sonder om daaroor skuldig te voel – dit was en is ‘n Gelofte wat gestand gedoen moet word – dit is ‘n morele plig.70

In sy Geloftedagtoespraak by Paardekraal op 16 Desember 1983 het Nel gesê daar moet onthou word dat die Gelofte sedert 1838 deur derduisende Afrikaner-nageslagte hernu of beaam is – hetsy by nasionale feesdae ten tye van die Simboliese Ossewatrek in 1938, die hoeksteenlegging (1938) en inwyding van die Voortrekkermonument (1949), hetsy by al die vieringe van Geloftedag deur die jare:

Bloedrivier was geen menslike verdienste nie – dit was louter genade, ‘n bestiering, ‘n beskikking. Daarom is Geloftedag, die Monument by Bloedrivier, ‘n monument van geloof… Elke Afrikaner wat hom dus Afrikanerskap toeëien, is altyd, tot in die verre toekoms, gebind deur die Gelofte van Bloedrivier – omdat hy as Afrikaner gebind is deur die Afrikanerkultuur.71

9. Gevolgtrekking

Uit hierdie studiestuk blyk dit onomwonde dat die Gelofte ‘n belangrike deel van die Afrikaner se geskiedenis is. Dit is ongelukkig in die verlede deur sommige individue gebruik om partypolitieke belange te bevorder – ‘n feit wat betreurenswaardig is, omdat dit die wese van die Gelofte aantas en verkeerde persepsies by buitestaanders skep. Met al die omstredenheid wat veral deur diemedia aan Geloftedag verleen word, is en sal dit by uitstek ‘n dankdag aan God bly en is die gelowige Afrikaner moreel verplig om dié dag te herdenk.

10. BRONNE

BAILEY A., Die Gelofte van 16 Desember 1838: Die herdenking en betekenis daarvan, 1838 tot 1910. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 2002.
BÜCHNER, E., ‘n Dankdag soos ‘n Sabbat. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 1993.
CARSTENS, R. en P.W. GROBBELAAR, Voortrekkerlewe. Johannesburg, 1988.
DE JONG, P.S., Die lewe van Erasmus Smit. Kaapstad, 1977.
DE VILLIERS D.W., Die hernuwing van die Gelofte in A.P. van der Colf, “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel. Pretoria, 1971, p. 21.
DUVENAGE, G.D.J., Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (II): 1837 Die Manifes. Johannesburg, 1987.
DUVENAGE, G.D.J., Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988.
GERBER, A., Geloftedag of Versoeningsdag? Die Boodskapper, Desember 2003.
GERDENER, G.B.A., Sarel Cilliers, die Vader van Dingaansdag; lewenskets van die grote Voortrekker. Kaapstad, 1919.
KAPP, P.H., Ons volksfeeste. Kaapstad, 1975.
NOLTE, A.J., Die prys van ‘n gelofte in A.P. van der Colf “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel. Pretoria, 1971.
OBERHOLZER, J.P. Die Gelofte van 1838(1). Die Hervormer, 15 April 2003.
PRELLER, G.S., Andries Pretorius, lewensbeskrywing van die Voortrekker kommandant-generaal. Johannesburg, 1940.
PRELLER, G.S., Voortrekkermense I. Kaapstad, 1920.
PRETORIUS, A.W.J., Brief gedateer 23 Desember 1838 in Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift XVI, 1839.
PRETORIUS, E.E., Dr. Albert Hertzog, ‘n lewensbeskrywing. Pretoria, 2001.
PRETORIUS, F., Geloftedag deur die jare in A.P. van der Colf “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel. Pretoria, 1971, p. 67.
SCHOONEES, P.C. (red.), Woordeboek van die Afrikaanse Taal III. Pretoria, 1957.
SPIES, F.J. DU T., Onsekerheid in verband met die Gelofte van 1838. Historia 33(2), November 1988.
STEYTLER, F.A., ‘n Voortrekkermonument te Pretoria; voorstel van pres. Kruger op 16 Desember 1888. Historia 3(1), Maart 1958.
SWART, M.J. (red.), Afrikanerbakens. Auclandpark, 1989.
SWART, M.J., Geloftedag. Kaapstad, 1961.
THOM, H.B., Die Geloftekerk en ander studies oor die Groot Trek. Kaapstad, 1949.

THOM, H.B., Die lewe van Gert Maritz. Kaapstad, 1947.
UYS, C.J., Danskraal of Waschbankspruit? Kritiese ondersoek van beweringe aangaande Bantjes en Voortrekker-Gelofte, Historia III(2), Junie 1958.
VAN DER COLF, A.P., “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel. Pretoria, 1971.
VAN JAARSVELD, F.A., Die ontwaking van die Afrikaanse Nasionale bewussyn. Johannesburg, 1957.
VAN NIEKERK, W.H. en P.P. STANDER, Geloftefees Dingaanstat 1969. Durban, 1969.
VISAGIE, J., Voortrekkerstamouers 1835-1845. Unisa, Pretoria, 2000.
WEILBACH, J.D. en C.N.J. DU PLESSIS, Geschiedenis van de Emigranten-Boeren en van den Vrijheids-oorlog. Kaapstad, 1882.

11. BYLAE

11.1 BYLAAG 1

ENKELE BYBELSE VERWYSINGS MET BETREKKING TOT DIE AFLÊ EN BETALING VAN GELOFTES

1. Num. 30:2: As iemand aan die Here ‘n gelofte doen of met ‘n eed ‘n verpligting op hom neem, mag hy sy woord nie breek nie; hy moet hom aan alles hou wat hy beloof het.
2. Deut. 23:21: As jy aan die HERE jou God ‘n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
3. Ps. 50:14: Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste.
4. Ps. 65:2: … en aan U moet die gelofte betaal word.
5. Ps. 66:13-14: Ek sal u my geloftes betaal, wat my lippe geuit en my mond gespreek het toe ek benoud was.
6. Ps. 76:12: Doen geloftes en betaal dié aan die Here julle God!
7. Ps. 116:14: My geloftes sal ek aan die HERE betaal in die teenwoordigheid van die ganse volk.
8. Pred. 5:3: As jy ‘n gelofte aan God gedoen het, stel nie uit om dit te betaal nie, want daar is geen welgevalle in dwase nie. Betaal wat jy belowe.
9. Nahum 1:15: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes!

11.2 BYLAAG 2

DIE DRIE WEERGAWES VAN DIE GELOFTE

i. Die Gelofte volgens Hofstede, gegrond op Sarel Cilliers se herinneringe. 72

Mijne Broeders en mede-landgenooten, hier staan wij thans, op een Ogenblik voor een Heilige God, van Hemel en aarde, om een belofte aan hem te beloven, als hij met ziine bescherming, met ons zal wezen, en onze vijand in onze handen, zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag, en de datum, elk jaar als een verjaarsdag, en een dankdag zoo als een Sabbath, en zijne eere dienen zal doorbrengen en dat wij het ook aan onzen kinderen zal zeggen, dat zij met ons er in moeten deelen, tot gedachtenis, ook voor ons opkomende geslagten, en als iemand is die er onder bezwaard bevind, dat die dan van deze plaats, weg moeten gaan, Want de eere van zijn naam, daardoor zal verheerlijk worden, dat de roem en eer van overwinning, aan hem zal worden gegeven.

ii. Die Gelofte volgens Cachet. 73

Mijne broeders en landgenooten, hier staan wij thans op dit oogeblik voor een heilig God van hemel en aarde, om een belofte te doen, dat, als Hij met Zijne bescherming met ons wezen zal, en onzen vijand in onze handen zal geven, dat wij hem overwinnen, dien dag en dien datum, elk jaar, als een dankdag, zooals een sabbath, tot Zijn eere, zullen doorbrengen. En dat wij ook aan onze kinderen zullen zeggen, dat zij er met ons in moeten deelen, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de eere van God zal er door verheerlijkt worden, dat Hem de roem en de eere van die overwinning worde gegeven.

iii. Die Gelofte volgens Gerdener. 74

Mijn broeders en medelandgenoten, hier staan wij tans op een ogenblik voor een heilige God van hemel en aarde om een belofte aan Hem te beloven, als Hij met Zijn bescherming met ons zal wezen, en onze vijand in onze handen zal geven dat wij hem overwinnen, dat wij die dag en datum elk jaar als een verjaardag en een dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer zal doorbrengen, en dat wij een tempel tot Zijn eer stichten zal, waar het Hem zou behagen, en dat wij het ook aan onzen kinderen zal zeggen, dat zij met ons erin moeten dele, tot gedachtenis ook voor onze opkomende geslachten. Want de ere van Zijn Naam daardoor zal verheerlikt worden, dat de roem en eer van overwinning aan Hem zal worden gegeven.

In ‘n voetnoot doen Gerdener doen soos volg verantwoording oor sy weergawe van die Gelofte:

Die teks van hierdie gelofte kan niemand natuurlik vandag presies weergee nie. Die woorde wat Cilliers self op sij sterfbed neergeskrijwe het, vind die leser in sij Joernaal… Hierbowe het ons daardie woorde nagenoeg oorgeneem, met ‘n paar wijsinge wat ons nodig beskouw het, veral met toevoeging van die sin omtrent die oprigting van ‘n Tempel, wat later op Maritzburg geskied is. Dit was ongetwijfeld deel van die gelofte, maar is deur Cilliers in sij sterfbedverklaring uitgelaat. Bowestaande teks is, sover ons kan oordeel, so na aan die oorspronkelike as molik. 75

11.3 BYLAAG 3

BEKENDE MONUMENTE WAT OP DIE DATUM 16 DESEMBER IN SUID-AFRIKA ONTHUL IS.76

1.Bloedrivier, Dundee
Coert Steynberg se monument:
Hoeksteen: 16 Desember 1938
Onthul: 16 Desember 1947
Walaer: Onthul: 16 Desember 1971
2. Bybelmonument, Grahamstad
Klipstapel: 16 Desember 1957
Inwyding: 17 Desember 1957
3. Gerestoureerde Bloedrivierslagveld
Inwyding: 16 Desember 1971
4. Gert Maritz-standbeeld, Pietermaritzburg
Onthul: 16 Desember 1970
5. Hildebrandmonument, Darling (Anglo-Boereoorlog)
Hoeksteen: 16 Desember 1939
Onthul: 16 Desember 1940
6. Jopie Fourie-gedenknaald, Nooitgedacht
Onthul: 16 Desember 1934
7. Nasionale Vrouemonument, Bloemfontein
Onthul: 16 Desember 1913
8. Paardekraalmonument, Krugersdorp
Onthul: 16 Desember 1891
9. Retiefmonument, Port Elizabeth
Hoeksteen: 16 Desember 1938
Inwyding: 16 Desember 1939
10. Sarel Cilliers-standbeeld, Kroonstad
Onthul: 16 Desember 1950
11. Voortrekkermonument, Pretoria
Hoeksteen: 16 Desember 1938
Inwyding: 16 Desember 1949
12. Voortrekkermonument, Winburg
Onthul: 16 Desember 1967

So teken jy aan op Eensgesind se Castbox kanaal

  1. J.P. Oberholzer, Die Gelofte van 1838(1). Die Hervormer, 15 April 2003, p. 8.
  2. JJ.P. Oberholzer, Die Gelofte van 1838(1). Die Hervormer, 15 April 2003, p. 8; F.J. du T Spies, Onsekerheid in verband met die Gelofte van 1838. Historia 33(2), November 1988, p. 52.
  3. F.J. du T Spies, Onsekerheid in verband met die Gelofte van 1838. Historia 33(2), November 1988, p. 52, 53.
  4. F.J. du T Spies, Onsekerheid in verband met die Gelofte van 1838. Historia 33(2), November 1988, p. 51, 52.
  5. J.P. Oberholzer, Die Gelofte van 1838(1). Die Hervormer, 15 April 2003, p. 8.
  6. J. Visagie, Voortrekkerstamouers 1835-1845. Unisa, Pretoria, 2000, p. x.
  7. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.75.
  8. H.B. Thom, Die lewe van Gert Maritz. Kaapstad, 1947, p. 217.
  9. J.P. Oberholzer, Die Gelofte van 1838(1). Die Hervormer, 15 April 2003, p. 8.
  10. C.J. Uys, Danskraal of Waschbankspruit? Kritiese ondersoek van beweringe aangaande Bantjes en Voortrekker-Gelofte, Historia III(2), Junie 1958, p. 104; G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p. 147.
  11. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.147-149.
  12. Herinneringe van Ferdinand Paul van Gass in: G.S. Preller, Voortrekkermense I. Kaapstad, 1920, p. 53.
  13. AWJ Pretorius, brief gedateer 23 Desember 1838, Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift XVI, 1839, p. 155.
  14. AWJ Pretorius, brief gedateer 23 Desember 1838, Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift XVI, 1839, p. 155, 156.
  15. AWJ Pretorius, brief gedateer 23 Desember 1838, Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift XVI, 1839, p. 155.
  16. AWJ Pretorius, brief gedateer 23 Desember 1838, Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift XVI, 1839, p. 155G.B.A. Gerdener, Sarel Cilliers, die Vader van Dingaansdag. Kaapstad, 1919, p. 104.
  17. M.J. Swart, Afrikanerbakens. Aucklandpark, 1989, p. 249.
  18. P.C. Schoonees (red.), Woordeboek van die Afrikaanse Taal III. Pretoria, 1957, p. 118.
  19. E. Büchner, ‘n Dankdag soos ‘n Sabbat. (M.A. Teologie, UP, 1993), pp. 38-40.
  20. R. Carstens en P.W. Grobbelaar, Voortrekkerlewe. Johannesburg, 1988, p. 148.
  21.   E. Büchner, ‘n Dankdag soos ‘n Sabbat. (M.A. Teologie, UP, 1993), pp. 38-40.
  22. E. Büchner, ‘n Dankdag soos ‘n Sabbat. (M.A. Teologie, UP, 1993), pp. 38-40.
  23.   G.B.A. Gerdener, Sarel Cilliers, die Vader van Dingaansdag. Kaapstad, 1919, p. 103.
  24. G.B.A. Gerdener, Sarel Cilliers, die Vader van Dingaansdag. Kaapstad, 1919, p. 103.
  25. D.W. de Villiers, Die hernuwing van die Gelofte in A.P. van der Colf, “Hier staan ons…”
    Geloftefeesbundel. Pretoria, 1971, p. 21.
  26. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (II): 1837 Die Manifes. Johannesburg, 1987, p.
    108.
  27. C.J. Uys, Danskraal of Waschbankspruit? Kritiese ondersoek van beweringe aangaande Bantjes en Voortrekker-Gelofte, Historia III(2), Junie 1958, p. 100.
  28. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.143.
  29. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.144-145.
  30. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.147.
  31. G.S. Preller, Andries Pretorius, lewensbeskrywing van die voortrekker kommandant-generaal.Johannesburg, 1940, p. 38.
  32. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.186-189.
  33. AWJ Pretorius, brief gedateer 23 Desember 1838, Het Nederduitsch Zuid-Afrikaansch Tydschrift XVI, 1839, p. 155.
  34. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 10.
  35. GP.S. de Jong, Die lewe van Erasmus Smit. Kaapstad, 1977, p. 182.
  36. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 13.
  37. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 14.
  38. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 16.
  39. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 15, 16, 18.
  40. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 18.
  41. A. Bailey, Die Gelofte van 16 Desember 1838:Die herdenking en betekenis daarvan, 1838 tot 1910. Ongepubliseerde M.A.-verhandeling, Universiteit van Pretoria, 2002, Hoofstuk IV, p. 36.
  42. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 29, 30.
  43. F.J. du T. Spies, Onsekerheid in verband met die Gelofte van 1838. Historia 33(2), November 1988, p. 61.44 M.J. Swart,
  44. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 41.
  45. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 22.
  46. J.D. Weilbach en C.N.J. du Plessis, Geschiedenis van de Emigranten-Boeren en van den Vrijheids-oorlog. Kaapstad, 1882, p. 135.
  47. F.A. van Jaarsveld, Die ontwaking van die Afrikaanse nasionale bewussyn. Johannesburg, 1957, p. 136.
  48. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 103.
  49. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 28-29.
  50. Argief Voortrekkermonument (voortaan Argief VTM), Brosj. nr. 1778, Program van Dingaansfeesvieringe op 15 en 16 Desember 1917 te Nijlstroom. Pretoria, 1917, p. 18-19..
  51. Argief VTM, Brosj. nr. 1778, Program van Dingaansfeesvieringe op 15 en 16 Desember 1917 te Nijlstroom. Pretoria, 1917, p. 19.
  52. P.H. Kapp, Ons volksfeeste. Kaapstad, 1975, p. 211.
  53. P.H. Kapp, Ons volksfeeste. Kaapstad, 1975, p. 211.
  54. F. Pretorius, Geloftedag deur die jare in A.P. van der Colf “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel. Pretoria, 1971, p. 67.
  55. Argief VTM, Brosj. nr. 1850, Program van die algemene feesviering te Paardekraal op Saterdag, Sondag en Maandag 14, 15 en 16 Desember 1946. Johannesburg, 1946, p. 9; Argief VTM, Brosj. nr. 1930, Geloftedagprogram 1957 Salisbury – Theydon – Maryland. Salisbury, 1957, p. 19.
  56. Argief VTM, Brosj. nr. 1930, Geloftedagprogram 1957 Salisbury – Theydon – Maryland. Salisbury,1957, p. 19; Argief VTM, Brosj. nr. 4044, Geloftefees 1970 Oranje Volksfeeshuis, Bloemfontein.Bloemfontein, 1970, p. 1.
  57. Argief VTM, Brosj. nr. 1850, Program van die algemene feesviering te Paardekraal op Saterdag, Sondag en Maandag 14, 15 en 16 Desember 1946. Johannesburg, 1946, p. 9; Argief VTM, Brosj. nr.1753, Geloftefees 1953, Amfiteater Voortrekkermonument, Pretoria 14, 15 en 16 Desember 1953.Pretoria, 1953, p. 2.
  58. Argief VTM, Brosj. nr. 2254, Program Sinodale Bloedrivier Slagveld 15-16 Desember 1978. S.pl., 1978, p. 1.
  59. Argief VTM, Brosj. nr. 1850, Program van die algemene feesviering te Paardekraal op Saterdag, Sondag en Maandag 14, 15 en 16 Desember 1946. Johannesburg, 1946, p. 9; Argief VTM, Brosj. nr. 1747, Gedenk-program Herbevestiging van die Gelofte, Pietermaritzburg, Desember 1955.Pietermaritzburg, 1955, p. 1.
  60. F.A. Steytler, ‘n Voortrekkermonument te Pretoria; voorstel van pres. Kruger op 16 Desember 1888, Historia 3(1), Maart 1958, p.
  61. H.B. Thom, Die Geloftekerk en ander studies oor die Groot Trek. Kaapstad, 1949, p. 114.
  62. E.E. Pretorius, Dr. Albert Hertzog, ‘n lewensbeskrywing. Pretoria, 2001, p. 27-28.
  63. A.J. Nolte, Die prys van ‘n gelofte in A.P. van der Colf “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel.
    Pretoria, 1971, p. 14.
  64. F. Pretorius, Geloftedag deur die jare in A.P. van der Colf “Hier staan ons…” Geloftefeesbundel.
    Pretoria, 1971, p. 68.
  65. M.J. Swart, Geloftedag. Kaapstad, 1961, p. 80, 81.
  66. M.J. Swart (red.), Afrikanerbakens. Aucklandpark, 1989, p. 240.
  67. W.H. van Niekerk en P.P. Stander, Geloftefees Dingaanstat 1969. Durban, 1969, p. 5.
  68. Argief VTM, Brosj. nr. 3459. Doornfontein Geloftefees 15 en 16 Desember 2000. S.pl., 2000, p. 3.
  69. Argief VTM, Brosj. nr. 4185. Geloftefees te Warmbad op 16 Desember 1996. S.pl., 1996, p. 2; Argief VTM, Brosj. nr. 2258. Secunda Geloftefees. S.pl., 2003, p. 2.
  70. A. Gerber, Geloftedag of Versoeningsdag? Die Boodskapper, Desember 2003, p. 9.
  71. E. Nel-versameling, Nylstroom: P.G. Nel, Afrikanervolk – Geloftevolk. Toespraak 16 Desember 1983, p. 6, 17.
  72. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.186.
  73. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.188.
  74. G.D.J. Duvenage, Die Groot Trek; Die eerste drie jaar (III): 1838 Die Gelofte. Johannesburg, 1988, p.189.
  75. G.B.A. Gerdener, Sarel Cilliers, die Vader van Dingaansdag. Kaapstad, 1919, p. 51.
  76. M.J. Swart (red.), Afrikanerbakens. Aucklandpark, 1989.
Deel.

Oor die Outeur

2 kommentare

  1. Flip Swanepoel op

    Geagte Estelle Pretorius
    Dankie vir jou navorsing en uitnodiging tot repliek.
    Die erkenning dat die joernaal gehou deur JG Bantjes en die brief van AWJ Pretorius (22/12/1838) die vernaamste bronne is, is van uiterste belang.
    In die lig daarvan moet ek jou daarop wys dat
    1. Die bewoording van die Gelofte soos in jou skrywe aangehaal, en algemeen in gebruik is, nie korrek is nie,
    2. So ook nie die getal van die Zululeër nie en
    3. Ook nie die vervulling van die gelofte met die bou van die kerkie nie.
    Jy maak melding van drie weergawes wat by wyse van herinnering oorgelewer is, maar die weergawe waarna Pretorius in sy verslag verwys, en in die joernaal opgeteken is, het jy seker nie raakgesien nie:
    “dat hy aan den Almagtigen eene gelofte doen wilde (indien allen wel wilden),—“om zoo de Heere ons de overwinning geven mogt, een Huis tot zynes Grooten Naams gedachtenis te stichten, alwaar het Hem zal behagen”— en dat zy ook moesten afsmeken, de hulp en bystand van God, om deze gelofte zeker te kunnen volbrengen, en dat wy den dag der overwinning, in een boek zullen aantekenen, om dezelve bekend te maken, zelfs aan onze laatste nageslachten, op dat het ter Eere van God gevierd mag worden.”
    Jy sal sien dat die Pretorius weergawe in meeste opsigte hiermee eens is.
    Verder word in dieselfde joernaal melding gemaak dat na die voorlesing van Rigters 6:1-24, Cilliers in ‘n gebed die gelofte afgelê het. “de belofte voormeld aan God werd gedaan”.
    Hierdie weergawe is dus onomwonde die kontrak wat tussen God en die Voortrekkerkommando ooreengekom is.
    Die Zulumag het volgens die joernaal bestaan uit 36 regimente van 9000 tot 10000 man per regiment. Dit beteken dat daar ongeveer 342000 Zulu’s was.
    Die bou van die kerkie, wat 20 jaar later verkoop is en byna gesloop is, was eintlik die pastorie wat aanvanklik as kerkgebou ingeruim en gebruik is. As die geboutjie die vervulling van die gelofte was, sou hulle dit nie verkoop het nie. Die Gelofte maak melding van die stigting van ‘n huis waar dit God behaag, waar Hy hulle sal aanwys. Volgens 1Kon.11:37-38 kom die stigting van ‘n huis neer op die totstandkoming van ‘n Godsregering volgens Bybelse norme.
    Omdat hierdie bewoording nou eers aan die lig kom, is dit vanselfsprekend dat daar nog nooit aandag hieraan gegee is nie, en is dit ‘n verpligting wat op ons as die nageslag rus.
    Prof. Thom moes gedurende die 1940’s ‘n argivale ondersoek in opdrag van die Sentrale Volksmonumentekomitee doen ten einde te bepaal of die bou van die kerkie die Voortrekkers se bedoeling as vervulling van die gelofte was, en kon geen argiefstuk vind nie. Die verkoop van die sogenaamde kerkie is die bewys dat hulle geen geloftesentiment daaraan gekoppel het nie.
    Navorsing is van uiterste belang mits dit die volle waarheid ontbloot en moet ons mekaar se werk aanvul. Jy haal ook Prof GDJ Duvenage aan in jou artikel. Hy meld ook die outentieke weergawe van die Gelofte op bl.147 van sy boek Die Groot Trek, DIE GELOFTE Deel III.
    Dan maak jy ook gelukkig melding van die klipstapeling by Paardekraal gedurende die 1880 Volksvergadering, maar maak ongelukkig nie melding van die Paardekraal Gelofte nie.
    “Indien de Lieve Heer ons helpen en zegenen wilde, en wij ons land terug zouden krygen, dat den het volk elk jaar daar zouden komen feestvieren, juis by dezelfde steenhoop, en den Heer onze geloften komen betalen. En deze steenhoop is de eeuwige getuie daarvan.””
    Ons as Geloftevolk het ‘n dure verpligting op ons skouers, en dit is om:
    1. As Volk jaarliks by Paardekraal byeen te kom op 16 Desember en die Gelofte- en geskiedenis van Bloedrivier dáár te herdenk asook die gebeure vanaf 16 Des 1880 tot 27 Feb.1881 (Die Eerste Vryheidsoorlog-Die Slag van Majuba) en
    2. Die Huis te stig tot eer van God se Groot Naam waar dit Hom behaag en
    3. Dat ons Hom daagliks moet bly smeek totdat die gelofte volbring is- die huis gestig is.
    Ek en PC Groenenstein het twee navorsingsverslae saamgestel wat onderskeidelik handel oor die Outentieke Gelofte en die Vervulling daarvan, indien jy belang stel.
    Vrede

    • Estelle Pretorius op

      Geagte Flip Swanepoel
      Dankie vir jou kommentaar. Ek het maandelank navorsing gedoen vir die artikel en talle bronne en voetnote gebruik om die inligting wat ek verskaf het, te staaf. Ek het meer as 50 bronne gebruik en ook argivale navorsing gedoen – dis gebruiklik en ‘n vereiste in die akademiese wêreld dat jy ook navorsing uit primêre bronne doen, m.a.w. argiefnavorsing.

      Dit is uiteraard onmoontlik om al die gegewens mbt die Slag van Bloedrivier en die Gelofte in een artikel saam te vat – ‘n mens kan ‘n baie dik BOEK daaroor skryf! Daarom het ek byvoorbeeld nie die Paardekraalgelofte bespreek nie, soos baie ander aspekte ook nie. Ek het duidelik in my studiestuk gemeld dat daar verskillende weergawes van die Gelofte is en NIE gekonstateer dat die een wat ek aandui, beslis die korrete een is nie. Historici en teoloë het al honderde artikels daaroor geskryf en elkeen het sy eie mening.

      Die geskiedenis van die Geloftekerk is reeds opgeteken deur o.a. prof Marius Swart, wat ‘n boek daaroor geskryf het en onlangs het me Elrica Henning van die Msunduzi Museum in Natal haar Meestersgraad oor die onderwerp gekry en is tans die kenner op die gebied van die kerkie se geskiedenis. Ek kon nie in my kort artikel ook daaroor uitbrei nie. Daar is byvoorbeeld geen onomwonde bewyse presies hoeveel Zulu’s betrokke was nie – die getal wat ek aandui, is soos ek dit uit bronne nagevors het – daar is ook verskillende getalle ter sprake. Dit is maar een voorbeeld.

      Afgesien van jou (negatiewe) kommentaar, het jy byvoorbeeld nie erkenning gegee aan die feit dat ek “nuwe” inligting opgeteken het, soos weergegee in ds E. BÜCHNER se M.A.-verhandeling nie en ek het interessante bylae saamgestel wat nog nie voorheen gedoen is nie.
      Dit is die taak van die historikus om so objektief moontlik te bly, wyd navorsing te doen, bronne te vergelyk en alle inligting aan die hand van veral argivale bronne (indien beskikbaar) te staaf. Dis maar wat ek probeer doen het.
      Met vriendelike groete
      Estelle

Skryf jou repliek hier